Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44462 resensies.
"Pragtig en rustig, onthou net restaurante maak nog smiddae toe en eers weer 18:00 oop. Heerlike biere by Old Mill geproe."
"Greyton is n skilderagtige dorpie met welige tuine waar rankrosies wild die wêreld versier. Dit is hoofsaaklik 'n kuns dorpie so as jy van skilder, beeldhou werk, craft bier, en geurige en keurige kos dan is dit perfek vir jou. 'n Ware toevlugsoord uit die gewoel van jou elke dagse bestaan. Dis baie landelik en niks snaaks as loslopende perde heel rustig in die hoofstraat afstap of as 'n perdekarretjie klop-klop verby draf op pad na iewers of êrens. Die mense koester nog kind en dier en is in harmonie met die natuur om hul. As jy in die berg wil gaan stap of 'n rustige koppie koffie wil geniet, gaan spandeer tyd in Greyton."
"Lekker winderig. Pragtige plek. Sal volgende keer langer kuier om meer te verken."
"Ons was jare gelede op Plettenbergbaai en was aangenaam verras met alles wat ons daar aangetref het. Dorp en omgewing is ongelooflik skoon, gasvry en veilig en ons het elke oomblik geniet. Weer was nie baie geskik vir swem gedurende ons verblyf nie, maar daar was meer as genoeg om te doen en te geniet."
"Die alles-in-een stukkie hemel teen die kus net 90 min se ry vanaf Kaapstad!"
"Rustig, skoon en netjies met alles wat nodig was vir 'n baie aangename besoek aan die Paarl."
"Vir ons wat van die Karoo af kom is dit die naaste groot hospitaal. Ook baie gerieflik vir inkopies."
"Die paradys waar bos, berg en see jou al die opsies bied vir behoorlike rus en vrede."
"Op die dorp self is daar geen opgesmuktheid nie; dus as jy 'n plaasmens is, sal jy dit geniet. 'n Besoek aan die M=mall sal jou verras."