Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44595 resensies.
"Ons het baie lekker gekuier in Clanwilliam. Sal beslis weer na die blommeuitstalling gaan kyk."
"Ek beveel definitief Pure Craft en Foods Restaurant aan. Ongelooflik lekker daar geëet."
"Dit is hartseer hoe mens nie meer gemaklik voel om in die aand rond te stap nie, veral nie met 'n doggybag in die hand nie. Die kinders het so erg kom bedel dat hulle my en my man van mekaar af geskei het soos hulle ons stoot en stamp. Dit bly steeds 'n pragtige plek met natuurskoon."
"Dit is 'n dorpie wat vinnig 'n sagte plekkie in jou hart kry, en 'n plek waar jy weer sal wil gaan kuier. 'n Pragtige omgewing, vriendelike mense, silwerskoon, en die seewater se kleur is asemrowend."
"Een ding wat opvallend was dat menige mense u-turns moes maak omdat hulle die plekke verby ry. St Helena Baai het 'n baie ryk geskiedenis, maar mense weet nie daarvan nie. Die "occasional" betoging i.v.m. visvangkwotas moet nie die enigste rede wees hoekom so 'n mooi plek die nuus haal nie. Paarl, Wellington en die groter Drakenstein kan gerus meer inligting kry. "