Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44136 resensies.
"I love Gordon's Bay simply for it's amazing view and location. Close to town and the beach."
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."
"Knysna is pragtig skoon, groot diversiteit, bitter baie om te doen, geskik vir jonk na oud, beste vakansie bestemming tans!"
"Wildernis is natuurlik geskik vir oorsese toeriste, maar as jy moeite doen, kom jy op die hart van die dorp en sy inwoners af. Dit is 'n vriendelike dorpie en baie skoon en georganiseerd. Ek is natuurlik 'n boswese en kon heerlik op die paaie in die woud stap en die natuur geniet. Daar is ook soveel plekke waar jy net die uitsig rustig kan sit en geniet."
"It is getting more and more popular. Christmas period has got busier each year. "
"Baie mooi, maar verkeer en parkering is 'n probleem. Robbe in die hawe is 'n unieke trekpleister."
"Saldanha is a really laid back place. We always enjoy our visits to the area. All of our basic requirements were met."
"Hou dit net soos dit is, dis perfek. Daar is baie min vakansie bestemmings waar mens regtig rustigheid kan kry, hierdie is beslis een en dis wonderlik."
"Die swemstand self is vieslik vuil. Rommel, sanitêre doekies, vrot kos. Nie plesierig nie."
"Die gedeelte waar ons gebly het in Eversdal was sentraal met lekker winkels om die draai."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"Goeie weer, ongelooflike vakansiegevoel, pragtige strand, skoon en netjiese area. Werklik 'n area om weer na terug te keer."
"Kleinmond en omgewing bied ongelooflik baie om 'n Desembervakansie onvergeetlik te maak. "