Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1930 resensies.
"Marloth verbaas ons telke male met die vriendelike mense en rustige afskakel-atmosfeer."
"Die grondpaaie kort aandag. Die winkels het alles wat mens nodig het, heerlike en groot verskeidenheid roomyse wat baie bekostigbaar is."
"Marlothpark is die plek om te wees as jy wil wegbreek van die stad. Dit is regtig nie nodig om die Krugerwildtuin te besoek nie omdat daar soveel diere op jou stoep is in Marlothpark."
"Heerlike plek vir boswegbreek. Is net bietjie oorvol tydens vakansies, maar is verder 'n goeie wegbreek en redelik diere wat gesien kan word."
"Om vir die eerste keer in 15 jaar weer in Marlothpark te wees was 'n groot verrassing! Baie ontwikkel en baie besig!"
"Dis 'n lekker vakansiedorp, petrolstasie en supermark is naby. Vir kinders is daar ook 'n waterpark. Ek sou aanraai dat jou motorkar hoog moet wees, sodat jy al die paadjies langs die rivier kan ry vir diere kyk."
"Marlothpark is absolutely beautiful - we have been visiting as a family for over 10 years and would highly recommend to anyone wanting a quiet break away - just make sure you book with a decent place!"
"Baie lekker plek om na toe weg te breek, het leeus en olifante en baie ander wilde diere by die rivier gesien en natuurlik die diere wat in die park is."
"’n Stukkie juweel in die bosveld. Het die bokkies en ander diere geniet wat los rondloop en die ongereptheid. Sal weer kom kuier."
"Lovely place for a bush holiday. I will recommend Marloth Park. Too many big lodges being erected and concerned for the future when it is fully developed. Also noted fencing around houses which will eventually stop animals from roaming freely."
"My persoonlike mening is dat daar te veel huise nou gebou word. Marloth is dalk besig om sy uniekheid te verloor, want jy is baie na aan jou bure. Dis asof selfs die diere minder is. Nog steeds is dit een van Suid-Afrika se mooiste plekke."
"Marlothpark self sal dringend iets moet doen aan mense wat partytjies hou en musiek kliphard speel dag en nag. Sommige eienaars beboet jou met R3500 vir jou eerste geraas/rusversteuring klagte (dit sluit in harde musiek, kuier, en kinders wat skree), en daarna word jy uitgesit. Ek stel voor almal doen dit, anders gaan mens later glad nie meer kan Marloth toe gaan om af te skakel en rustig te wees nie. Jy kan netsowel Margate toe gaan."
"Hoewel dit bitter droog is op die oomblik, is dit altyd lekker om te kan gaan stap en die diere wat kom kuier is heerlik. Dis die eerste keer wat my man dit beleef en hy wil weer terggaan. Dis baie rustig en privaat en mens rus baie lekker."
"Marlothpark is ons jaarlikse vakansieplek. Mooi park met baie diere en lekker swempark vir die kinders."
"Ons het al voorheen in Marloth tuisgegaan en nie baie daarvan gehou nie. Hierdie keer het ons dit egter in 'n heel ander lig ervaar en sal beslis weer daar tuisgaan en dit aanbeveel vir ander toeriste."
"Marlothpark is ’n stukkie paradys wat diep in mens se hart kruip. Die mak en volop wild maak dit ’n plek waarheen jy altyd weer sal teruggaan."