Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1930 reviews.
"Marlothpark is heerlik en naby genoeg om maklik die wildtuin te besoek vir die dag. Ek kan wel noem dat die omgewing nie rolstoel vriendelik is nie - dis feitlik onmoontlik om met 'n rolstoel te gaan stap weens die sand en klipperige paaie. As jy 'n gestremde persoon in jou groep het, is dit beslis 'n uitdaging."
"Ek is malverlief op die plek, ek was al voorheen daar en sal beslis in die toekoms weer gaan."
"What an experience with the animals in the park. Peaceful and calm. It was truly a blessing, we experienced nature like never before."
"Alles wat jy nodig het, maar teen 'n prys. Kruideniersware uiters duur in Marlothpark so koop buite."
"Puik omgewing en atmosfeer. Van die grondpaaie benodig aandag. Diens en ontvangs by hek was baie goed."
"Marloth is een van die beste plekke om te gaan vakansie hou. Marloth het gou in ons hart gekruip en sal altyd terug keer vir nog 'n belewenis. Alles is daar wat jy nodig het. Wonderlike plek vir almal, van oud tot jonk."
"Dit was beslis nie my eerste en laaste Marlothvakansie nie. Jul sal ons weer sien en dan beslis langer."
"Sekuriteit is maar altyd 'n bekommernis, maar ons het dit niks slegter ervaar as in die res van die land nie. "
"Marlothpark is 'n heerlike vakansie-destinasie as jy die regte akkommodasie het. Dis baie besig in vakansietye en oor langnaweke. Op sekere dele is Marlothpark baie raserig en hoë verkeer veral by die verskillende ingangshekke en inkopiesentrums. Verder, baie lekker."
"Marloth bied 'n heerlike bederf vir 'n natuurliefhebber. Ek sal wel graag wou sien dat slegs inheemse plante in die tuine toegelaat word."
"Marloth Park is such a gem. You can buy bails of grass, pellets for your resident animals and they will deliver fresh, divine milk tart and pastries from the local shop and it's just friendliness wherever you go."
"Great area with various budget options - close proximity to the Kruger is a bonus."
"Went to Marloth every year for a couple of years now. Everything is always well planned, best place to get away in nature."