Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1930 reviews.
"Net by die winkelsentrum is daar te veel mense wat in die strate rondstaan en werk soek."
"Stricter rules towards smokers who throw their cigarette butts all over the place. That's a real big concern towards our wildlife. Suggestion: Bins close to viewing points for rubble/cigarette butts."
"Die trokke raas baie en jaag vreeslik op die deurpas, oorweeg miskien permanente kameras vir spoed beheer. Verbeter ook dalk paaie by draad aan rivier se kant, dis nie toeganklik vir alle voertuie nie veral vir Sunset drives. Verder is Marloth perfek."
"Ek het die omgewing 'n bietjie raserig gevind met konstruksievoertuie wat op en af beweeg. Die geriewe was aanvaarbaar en baie netjies, maar kan sekerlik doen met 'n bietjie opknapping en miskien sou 'n kaart van die omgewing handig te pas gekom het met inligting oor geriewe en dienste wat 'n mens kon gebruik, bv. 'n spa in die omgewing, uitkykpunte, staproete - al is dit padlangs."
"Daar is maar min diere in die park. Soos bokkies, kameelperde, kwaggas, ens. In die verlede het ons dit baie geniet met baie meer diere. Die voëlskuilings is baie oulik en ons het etlike skaars spesies waargeneem. Die hout by die hek is aan die duur kant en buitendien nog sopnat. Verder is Marlothpark steeds een van ons mees gewilde wegbreekoorde. Sal ons beslis weer sien."
"Alles wat jy nodig het kry mens in Marlothpark. Lekker rustige atmosfeer. Baie wild om te sien. Hulle kan aandag aan die grond paaie skenk."
"Paaie is slegter as wat ek verwag het vir mense wat laer karre het. Miskien moet hulle 'n waarskuwing opsit."
"Ek hou van die winkelsentrum wat naby die die huis geleë is. Jy het alles wat jy nodig het."
"Was very busy due to the long weekend. Enjoyed it much more previously when it wasn't so crowded."
"Hulle kan dalk werk aan hulle sekuriteit by die hekke, om meer paraat en konsekwent te wees. Die sekuriteit in hul bakkie moet asseblief aangespreek word oor hulle in die aande so jaag op die paaie en nie eintlik bedagsaam is met toeriste of diere op die paaie nie."
"I would like to suggest that Nkomazi Municipality be informed that attention must be paid to the state of some of the roads. We were fortunate in owning a 4X4, but not everyone does. It is the municipality's duty as they receive rates and taxes."
"Mal oor Marloth, maar brei nou te veel uit met moderne huise wat nie meer by bosgevoel inpas nie."
"Vullisberging en -verwydering is 'n probleem en grondpaaie word nie instandgehou nie. Diere is amazing en ongelooflik mak."
"Baie goed geleë. Huisies is verspreid en letterlik in die bos wat goed is vir privaatheid, maar kan ook gevoel van afsondering en onveiligheid skep."
"In Marlothpark kry jy alles wat jy nodig het en die rustigheid van die bos is altyd 'n bonus!"
"Marlothpark is ongelooflik besonders. Dit verleen 'n unieke bosveldervaring, maar met moderne geriewe beskikbaar reg in die park."