Cornerstone

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cornerstone is 'n privaat huis in Bettysbaai. Die perseel het ongelooflike uitsigte op die berge, oor die waterval, varswatermeer en die see.

Verblyf word in 3 gastekamers gebied naamlik Cornerstone 1, 2 and 3, op 'n omheinde perseel gebied. Beide eenhede beskik oor veilige parkeerplek op die perseel, WiFi en DStv.

Cornerstone 1 het 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort, 'n stoep met Weber-braaigeriewe, uitsigte oor die Protea-tuin, die meer en die see. Daar is 'n TV met DStv, 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware, sowel as koffie- en teemaakgeriewe met melk, beskuit en vrugte. Daar is ook muffins.

Cornerstone 2 het 'n koningingrootte-bed, uitsigte oor die Protea-tuin, meer en see. Die slaapkamer het 'n privaat, beskutte balkon en 'n privaat badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Tee, koffie en beskuit is by die daaglikse tarief ingesluit. Daar is verskeie eetplekkies in die omgewing waar gaste heerlike ontbyt en muffins kan geniet.

Cornerstone 3 het 'n dubbelbed, is op die grondvloer geleë en het 'n onderdak patio wat oop is voor. Daar is 'n Weber en 'n tafel onder die trap. Die eenheid het 'n TV, maar is nie aan die DStv gekoppel nie. Daar is 'n USB-stokkie met films en reekse wat opgeneem is en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 'n mikrogolf, yskassie, ketel, tee en koffie.

Let asb. dat daar vriendelike honde op die perseel is.

Die eenheid is naby die Harold Porter Botaniese Tuin en Stony Point Natuurreservaat wat een van die grootste kolonies van die Afrika Pikkewyn het. Die varswatermeer is oorkant die pad vir pieknieks, swem en bootritte. Daar is ook 'n restaurant en 'n winkeltjie so 'n kilometer van Cornerstone af. Die hoof-winkels is in Kleinmond, 10 km daarvandaan.

Cornerstone is perfek geleë in 'n pragtige omgewing. Dit is net 50 km van Hermanus, die walvis-hoofstad, af, en Kaapstad en Tafelberg is net 'n uur en 'n half se ry weg. Stellenbosch is 'n uitstekende uitstappie vir wynproe en is 'n uur weg met pragtige natuurskoonroetes. Op die voorstoep net buite Kleinmond is daar wilde ponies wat langs die promenade besigtig kan word.

Die Arabella Gholflandgoed is op die pad na Hermanus. Daar is pragtige uitsigte, spas en restaurante. Neem 'n daguitstappie na Arabella, wynlandgoedere op pad na Botrivier, of besoek die appelplase en Peregrine-plaasstal in die omgewing. Botrivier het 'n ou hotel met merkwaardige oorblyfsels uit die verlede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cornerstone gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]