105 Ocean Mist

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

105 Ocean Mist is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer in die veilige Ocean Mist-kompleks. Dié woonstel het die perfekte ligging op die strandfront in Big Bay, Bloubergstrand. Gaste het toegang tot die Eden on the Bay-winkelsentrum wat verskeie restaurante, koffiehuise, kafees en skemerkelk-sitkamer bied. Daar is 'n MyCiti-busstop naby wat maklike toegang tot die stad bied.

Die woonstel bied slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer wat met 'n dubbelwasbak-eenheid, 'n bad, stort en 'n toilet ingerig is. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n opwas en 'n nutsvertrek. Die woonstel het luukse afwerkings en puik toebehore. Die eetarea het 'n 6 sitplek-etenstafel met stoele. Die sitkamer het 'n TV met DStv. WiFi is ook beskikbaar. Verder is daar 'n groot balkon met gasbraaigeriewe en oorgenoeg sitplek waar gaste buiteligetes kan geniet en oor Robbeneiland en die see kan uitkyk.

Ondergrondparkeerplek in 'n dubbelmotorhuis word voorsien, asook 'n ekstra parkeerplek agter motorhekke.

Slaapplek

'n Bespreking by 105 Ocean Mist sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 105 Ocean Mist gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za