174 Atlantic Drive

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

174 Atlantic Drive is in Pearl Bay, Yzerfontein geleë en bied ononderbroke uitsigte oor die Atlantiese Oseaan. Gedurende September en Oktober is die veldblomme in dié area ongelooflik mooi. Dié huis is ook net 80 m van die witsandstrand af!

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed, en die derde kamer is ingerig met 'n driekwartbed. Bring asseblief jou eie beddegoed en handdoeke saam. Beddegoed en handdoeke kan wel vooraf gereël word indien nodig teen ekstra koste. Die huis bied ook geriewe soos 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis, leefarea, opwaskamer en 'n voorstoep met braaigeriewe. Ons bied ook veilige parkeerplek vir jou motor.

Daar is 'n natuurlike rotspoel op die strand, sowat 300 m van die huis af. Die poel is tydens die somermaande, van November tot Februarie, lekker warm. Natuurliefhebbers sal mal wees oor dié plek. Dis ook net 1 uur se ry van Kaapstad af.

Slaapplek

'n Bespreking by 174 Atlantic Drive sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 174 Atlantic Drive gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za