Marina Beach Akkommodasie by 19 Marina Glen | LekkeSlaap
+17
+17

19 Marina Glen

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marina Glen 19, Mars-weg, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

19 Marina Glen is 'n selfsorgeenheid in Marina Beach, 'n klein vakansiedorpie tussen Southbroom en Sanlameer. Dis 16 km vanaf Margate op die R61. Marina Glen 19 is in 'n veilige oord geleë en bied asemrowende uitsigte oor die omgewing vanaf die beskutte balkon, jy sal selfs die see kan hoor druis.

Dié kothuis het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n plafonwaaier en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n kombuis en 'n sitarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n wasmasjien. Gemaklike sitplek, 'n plafonwaaier en 'n TV met sekere Openview-kanale is in die sitarea beskikbaar. Daar is braaigeriewe op die balkon of in die tuin.

'n Gemeenskaplike swembad en 'n onderdak-braaiplek is in die oord beskikbaar.

Die Blouvlagstrand is net om die draai en het 'n seekosrestaurant en 'n kroeg. Daar is verskeie pragtige strande en tientalle restaurante in die omliggende dorpies. Die suidkus bied 'n verskeidendheid gholfbane, geleenthede vir perdry, voetslaanroetes en visvangplekke.

Slaapplek

’n Bespreking by 19 Marina Glen sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir 19 Marina Glen
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Marina Glen 19, Mars-weg, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 19 Marina Glen het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marina Glen 19, Mars-weg, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf19628e88996fbf5d1e57d0bf0594c7a44fca2679eeb4440b8d5761940c890b22e355db3ea94eff40c6b1953434b9d188d32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 19 Marina Glen Mars Road 4281 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.932428848324 30.301309525967
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za