204 Market House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

204 Market House is 'n selfsorgwoonstel in Kaapstad se middestad waar die sakewêreld, sosialisering en naglewe alles bymekaarkom. Daar is verskeie koffiewinkels, restaurante, kroeë, nagklubs, teaters, museums, kunsvlytmarkies, winkelsentrums en hotelle. Dit is juis hierdie aspekte wat die middestad die perfekte basis maak vanwaar die Moederstad verken kan word.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 2 mense en die sitkamer het 'n rusbank. Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n uitsig oor die stad.

Slaapplek

'n Bespreking by 204 Market House sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 204 Market House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za