207 Bay View - E23
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat, Bay View 207, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R2 480 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
207 Bay View is 'n selfsorgwoonstel aan die seekant van 'n kompleks in die hartjie van Hermanus. Dié gewilde vakansiedorpie lê aan die suidelike kus van die Wes-Kaap en is veral bekend vir sy walviskyk-geleenthede vanaf die land of per boot. Hermanus spog met pragtige natuurskoon, 'n matige klimaat, tientalle buitelug-doendinge, verskeie blomspesies en dis ook lekker naby Kaapstad wat dit die perfekte basis maak vir gaste wat die Kaapse Overberg wil verken.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer aan die seekant het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. In die eetarea is daar sitplek vir 6 gaste. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.
Die leefarea spog met asemrowende uitsigte oor Walkerbaai. Gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad en parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Ilanda Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 22
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Hoofstraat, Bay View 207, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink 207 Bay View - E23 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat, Bay View 207, Hermanus, 7200, Wes-Kaap