Voorbaai Akkommodasie by 21 De Valle | LekkeSlaap
+20

21 De Valle

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kus-boulevard-wes, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R995 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

21 De Valle is in Diaz-strand, Mosselbaai en bied gehalteverblyf aan ‘n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en trekpleisters.

Dié woonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 3 kamers met slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het ‘n stapelbed. Die tweede badkamer het ‘n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en ‘n wasmasjien. Die sitarea het gemaklike rusbanke, ‘n TV en ‘n eetarea met oorgenoeg sitplek. Die eenheid lei na ‘n groot balkon met ‘n etenstafel vir 6, ‘n sambreel en ‘n see-uitsig.

Die kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe en ‘n swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die eenheid is net 100 m vanaf Diaz-strand en Diaz Waterpark met ‘n verhitte binnenshuise swembad, waterglybaan en ander prettige doendinge. Die Diaz Hotel, wat langs De Valle is, bied spa-geriewe en ‘n restaurant.

Slaapplek

’n Bespreking by 21 De Valle sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 21 De Valle
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kus-boulevard-wes, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink 21 De Valle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R995
per nag (plek vir 6)
Vanaf R995
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kus-boulevard-wes, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7D9UdnP1CViF6DJ62Hih3H8tCRRHJ6bTw899SQaqskJynNqVLu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R995  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Beach Boulevard West Diaz Beach 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.16045788153 22.108770712947
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za