236 on Riebeeck

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

236 on Riebeeck bestaan uit 3 selfsorgwoonstelle in Oudtshoorn, die grootste dorp in die Klein-Karoo. Dit is op 'n gemaklike afstand van die bekende Kaapse Roete 62 in die Wes-Kaap geleë, en is boonop stapafstand van die KKNK se feesgronde en N.A. Smit swembad af.

Die eenslaapkamer woonstel is uiters ruim en beskik oor 1 slaapkamer met 1 badkamer. Die slaapkamer bevat 'n koningingrootte-bed en 1 driekwartbed. Daar is nog 'n enkelbed in die leefarea. Die groot badkamer is ingerig met 'n hoekbad en 'n stort.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv-kanale en WiFi. Die woonstel lei na 'n groot balkon met braaigeriewe. Veilige parkeerplek word in 'n motorhuis voorsien, wat direkte toegang tot die eenslaapkamer woonstel het.

Die tweede woonstel is 'n studio-eenheid - hierdie woonstel bied 'n oopplan slaap/leefarea met 'n gerieflike koningingrootte-bed, 'n ten volle toegeruste kombuis en badkamer met 'n stort. Hierdie eenheid het ook 'n gemaklike rusbank, 'n TV met DStv-kanale en WiFi internet. Gaste wat hierdie eenheid bespreek het veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie eenheid is nie rolstoelvriendelik nie.

Die derde woonstel is 'n splinternuwe oopplan toevoeging. Dit het 2 driekwartbeddens en 'n enkelbed, 'n vol en suite-badkamer en 'n nuwe kombuis wat toegerus is met al die basiese benodighede. Die aparte leefarea het 'n TV met DStv. Daar is 'n skuifdeur wat na 'n private patio met 'n uitsig oor die pragtige tuin lei. Hierdie woonstel het ook veilige parkeerplek en WiFi. Die eenheid is nie rolstoelvriendelik nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 236 On Riebeeck gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za