23A Pastorie
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pastoriestraat 23A, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 424 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
23A Pastorie is in die prentjiemooi kusdorpie Stilbaai. Dit bied selfsorgverblyf in 'n bekoorlike dubbelverdiepinghuis. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n ontspannende seevakansie.
Die vierslaapkamerhuis bied slaapplek aan 11 gaste. Daar is 2 slaapkamers op die grondverdieping, elkeen met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die boonste verdieping het twee kamers, een met 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die ander met 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, gemaklike sitkamerstel en 'n TV met DStv. Dit lei na 'n kuierarea met ingeboude braaigeriewe en 'n etenstafel. Hierdie area lei op sy beurt na die tuin. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.
Daar is verskeie aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing vir gaste wat die dorpie wil verken.
Slaapplek
’n Bespreking by 23A Pastorie sluit in:
Ligging
- Pastoriestraat 23A, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pastoriestraat 23A, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom