Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

25 On Main

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Rita Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 2

Resensies 6

Maande gelys 10

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 3 resensies vir 25 On Main
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5
Ursulla L - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ursulla L

Ons het baie lekker gebly in Aloha. Dit is die huisgedeelte van 25 On Main.

Ons het baie lekker gebly in Aloha. Dit is die huisgedeelte van 25 On Main. Ons was ouma met 4 volwassenes en 2 kleintjies van 1 en 2. Daar is 'n klein grasperk waarop die kleintjies kon speel. Daar is 'n groot binnebraai met kroeg wat die mans besiggehou het en die mammas kon net ontspan. Daar is heerlike banke waarop ouma kon sit en met die kleingoed gesels. Hierdie is absoluut 'n plek om aan te beveel. Dis loopafstand van die see. Ongeag die feit dat die pad besig is, wanneer die skuifdeure saans toegemaak word, is dit rustig. Ons gaan weer!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

25 On Main se terugvoer

Beste Ursulla!

Baie dankie vir die mooi resensie wat jy vir ons gegee het en ook die tyd wat jy afgestaan het. Ons waardeer dit opreg en dit was so lekker om jul by ons te hê! Kom kuier gerus weer! Tot weersiens. Groete, 25 On Main

25 On Main
William D - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
William D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aangenaam.

Ons sou eerder nader aan die see wou wees en die hoofpad is te besig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

25 On Main se terugvoer

Beste William

Baie dankie vir die tyd wat jy afgestaan het om terugvoering te gee en 'n resensie te skryf. Ons neem alle terugvoering ernstig op sodat die gaste 'n beter ervaring kan hê, en sal ons bes doen om verblyf aangenamer te maak in die toekoms. Vakansie is dit maar besig en bedrywig in Struisbaai en die feesgangers geniet die son en see. Ongelukkig kan ek niks aan die ligging van die eiendom verander nie, maar die res sal ek 'n nota van maak.
Ek is jammer dat jou ervaring nie aan jou verwagtinge voldoen het nie. Groete, Rita

25 On Main
Jacolien V - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacolien V
Gesin met tieners

Die aansig van die eenheid skep 'n baie positiewe indruk.

Dit lyk veilig, modern en uitstekend versorg. Die aanwysings vir ons aankoms was baie breedvoerig. Ons het glad nie gesukkel nie. Die eenheid self is goed beplan, die meubels, beddegoed en toerusting is alles van goeie duursame kwaliteit - soos wat jy in jou eie huis sal gebruik. Sommige plekke koop absoluut die goedkoopste toerusting en dit laat 'n slegte smaak in die mond. As jy op vakansie gaan, wil jy voel dinge is op dieselfde standaard as by die huis, of beter. Hier het ons dit so gevoel. Daar is 'n heerlike groot agtertuin met 'n silwerskoon braai wat ons gebruik het en waar ons 'n hele middag en aand gekuier het. Alles werk, WiFi, Netflix en alle toerusting. Daar is letterlik niks wat stukkend was of wat aandag nodig gehad het of waaroor ek sou kla nie. Die eenheid is halfpad tussen die hawe en die strand, so goed geleë.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

25 On Main se terugvoer

Liewe Jacolien!
Baie dankie vir jul resensie. Ons is baie dankbaar vir die terugvoering en bly julle het 'n wonderlike tyd by 25 On Main gehad. Dit was 'n voorreg om jul as ons gaste te hê. Ons hoop om julle binnekort weer te verwelkom vir 'n nog beter ervaring. Ons streef na beter en hoër, en glo ons het al klaar ñ verskil gemaak as nuwe eienaars! Weereens dankie vir die tyd wat jy afgestaan het om h resensie te los! Ons waardeer dit opreg!
Beste wense en baie dankie vir die ondersteuning.
Groete
25 On Main

25 On Main
Vanaf R800
R800 R720
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
R800 R720
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
R800 R720
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 25, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1dddcce0ad6bbd5baf697331d364f6ec121d4377c923ec30eccfb6bf672aa1198b14c7ee0627b7cdff78d9151604d2cbac97?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R720 per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 25 Main Road Struis Bay 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.797450325953 20.045149676412
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem