LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 3 Darling Street Guest House | LekkeSlaap
+29

3 Darling Street Guest House

57 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 57 resensies vir 3 Darling Street Guest House
Netheid
4.1/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.8/5
Marnus S - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marnus S

Goeie verblyf in 'n pragtige Karoo-dorp.

Ons is hartlik ontvang deur Dave, wat ons gou tuis laat voel het. Die akkommodasie het alles wat nodig is en die restaurant bedien heerlike etes.

Werner M - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner M
Gesin met tieners

Gerieflik geleë.

Ek moet bieg, dit was die eerste keer dat ek daar oorgebly het en was geskok toe ek sien ek moet op Hanover oorslaap, want ek het net plakkershuise en plastieksakke orals gesien in die dorp. My seun wou nie hê ons moes oorslaap nie, want dit het nie veilig op die dorp gelyk nie. Toe ek voor die gastehuis stop, met die grondpad buite en slot voor die deur het ek gedink die plek het bankrot gegaan, maar toe ek die eienaar kontak het hy gesê hy is nou daar en van die huis uitgestap oor die straat. Toe die deure oopgaan, het my mond ook. Wat 'n juweel, outydse meubels orals en die eetplek, uit 'n sprokie uit. Ons het pizzas bestel en kon nie vir beter gevra het nie, voortreflik. Die krag was af, danksy Eskom, maar die ligte van die personeel en eienaar was beslis aan. Ek het vir my 'n drankie bestel en dit was nie 5 minute later nie, toe ken ek almal. My mense, hulle laat jou so tuis voel en ons het lekker gekuier en gelag. Amper kom ek nie weg uit Hanover nie, almal laat jou tuis voel. Dankie vir almal, sal my beslis weer sien, 'n ongeslypte diamant.

Paul H - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Paul H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike Karoo-gasvryheid.

Kamer skoon en netjies. Vriendelike ontvangs en heerlike aandete met 'n ordentlike ontbyt. Doen so voort.

Gustav C - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Gustav C
Gesin met klein kinders

Goeie vriendelike diens.

Gastehuis is netjies en gerieflik, heerlike pizza's oorkant die straat beskikbaar.

Marcelle L - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Marcelle L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig.

Lieflik vir 'n vinnige aand se oorslaap na 'n lang reis. Vriendelike en gasvrye ontvangs met 'n smullekker pizza-aandete.

Janine M - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Janine M
Gesin met tieners

Vriendelike ontvangs.

Netjiese skoon kamers. Vriendelike persoonlike diens. Heerlike pizza.

Annelie S - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelie S
Gesin met tieners

Ons het heerlik gekuier en kon lekker rus vir die volgende dag se verdere reis.

Vertrekke mooi skoon en netjies. Die ete en pizza uit die boonste rakke en ons het heerlik gekuier, baie gesellig. Ons kon ook lekker uitrus vir ons volgende dag se reis.

Daleen V - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Daleen V

Netjies en skoon en ruim.

3 Darling Street Guest House is 'n ruim en baie netjiese plek, maar daar is geen kombuisgeriewe soos 'n wasbak of yskas nie.

3 Darling Street Guest House's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoering, ons waardeer dit baie. Ons moet net aanmeld dat ons is nie 'n selfsorg gastehuis nie, maar ons kombuis geriewe by die restaurant is altyd beskikbaar.

3 Darling Street Guest House
Adri T - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Adri T

Fantastiese diens soos altyd. Ons kom altyd terug.

Ons het op die ingewing van die oomblik besluit om oor te slaap by 3 Darlingstraat tydens 'n rit van Johannesburg na Kaapstad op 14 Julie. Die bespreking was foutloos, asook die verblyf en fantastiese ete. Die kamer was skoon en netjies. Die gasheer en gasvrou was soos ou vriende. Ons sal weer en weer terug gaan.

Talita M - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Talita M

Goed toegeruste en gerieflike verblyf.

Goed toegeruste verblyf met alle nodige geriewe. Die gastehuis is karaktervol, die ideale oornagplek in 'n rustige omgewing. Die restaurant en kuierkroeg oorkant die straat is baie gesellig met 'n heerlike kaggelvuur en smaaklike kos. Ek kan 3 Darling Street met 'n geruste hart aanbeveel.

Sanet S - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sanet S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gasvryheid was wonderlik.

3 Darling street Gaste huis was baie vinnig van hulp vir oornag verblyf. Mense het ons buite ontvang en was baie vriendelik gewees. Ons was dadelik tuis. Daar geëet ook en die kos en geselskap was heerlik. Baie dankie. Sal beslis weer daar stop.

Chris V - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Genotvol.

Wat 'n aangename ervaring om weer in Hanover te kon oornag. Die personeel van 3 Darling straat was gasvry, die kos was puik. Kamer skoon en netjies.

Santie H - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Santie H
Enkelreisiger

Redelike verblyf. maar nie luuks nie.

Geen vars melk in kamer nie. Goedkoop sakkies koffie (Ricoffy sakkies en Cremora). Uiters teleurgesteld. Geen badprodukte. Slegs 'n koekie seep. Klein handdoeke.

Frieda B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frieda B
Gesin met tieners

Die plekkie was baie netjies en skoon en gerieflik geleë.

Darling Street 3 Gastehuis was vir my baie besonders. Ons was nog nooit in Hanover nie en ons was aangenaam verras met die dorpie en sy geskiedenis. Die gastehuis was skoon, netjies en baie gerieflik met die kamers wat hulle eie badkamers het. Die mense was baie aangenaam en ontbyt was heerlik. Ek sal beslis weer daar oornag. Baie dankie.

Pc L - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Pc L
Gesin met klein kinders

Uitstekende verblyf.

Baie dankie Dave en Heather! Kamers is baie netjies, kos is uitstekend en 'n oornagstop word toe sommer 'n belewenis. Julle maak die pad baie korter voel.

Stephen P - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Stephen P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie waarde vir geld.

Verrassende aangename verblyf in so stowwerige maar lekker rustige dorpie. Baie vriendelik ontvang en behandel en baie lekker geëet ook!

Riaan T - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Riaan T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pizza was lekker, bier koud.

Lekker geëet en kuier.

Marita D - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marita D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie skoon en gerieflike verblyf.

Ons was hartlik soos ou bekende vriende verwelkom al was dit die eerste keer dat ons daar geslaap het. Die kamers is baie ruim, was kraakvars skoon en regtig baie gerieflik ingerig. Al ons vriende het aanbeveel dat ons hul pizza moet eet, maar het eerder op 'n T-Bone en Ladies steak besluit wat beslis die regte keuse was! Dit was beslis nog die beste, supersagste vleis wat ons al ooit in 'n restaurant geëet het.

Johan K - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan K
Besigheidsreis

The perfect halfway stop-over between JHB and CPT.

I was passing through from JHB on my way back home to Stellenbosch. The perfect halfway stop-over. I was welcomed as an old friend which made me feel instantly at home. The rooms was perfect and the electrical blankets was welcome. I opted for a night cap and one of their world renown pizzas at the bar across the road and I was pleasantly surprised. Truly the best pizza I have ever tasted. I will recommend 3 Darling Street Guest House to everyone!

Jacques B - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jacques B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Weereens net stunning gewees. Die eienaars is ware opregte mense. Gaan uit hulle pad om dit baie aangenaam te maak en uitsetekende diens te gee.

Lizel O - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lizel O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie verblyf, lekker pizza en ordentlike mense.

Ons het baie lekker gebly by 3 Darling Street Guest House! Die kamer was baie gemaklik, mal oor die ou houtvloere en die geskiedkundige gevoel van die huis en dorp in geheel. Dave was ook baie vriendelik en behulpsaam, sal dit definitief aanbeveel as 'n rus stop vir mense wat af ry Kaap toe.

Elde G - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Elde G
Gesin met tieners

Wat meer wil jy hê?

Waarde vir geld, die restaurant maak dit 'n great oorstop, want jy kan pizza bestel in die aand en môreoggend gou ontbyt eet vir niks meer as wat bed en ontbyt by ander plekke in Hover vra.

Andrew F - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Andrew F
Enkelreisiger

Nostalgiese outydse dekor.

Met die verblyf, geriewe, kamer, parkering kan ek nie fout vind nie. Was egter baie teleurgesteld, aangesien ek verwag het om iets te ete te kry (beroemde pizza en 'n drankie soos op webblad en in resenssies aangedui is). Nêrens dui dit aan dat dit nie Sondagaande beskikbaar is nie, maar wel in die huisreëls op die tafel in die kamer sê dit Maandag tot Saterdag. Eienaar het gesê ons kan die Hotel of truck stops probeer. Die hotel se kombuis was al toe net na 19:00. Het darem by die truck stop reggekom. Het nie van ontbyt gebruik gemaak nie, te vroeg vertrek.

Joey S - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Joey S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was rustig.

Die mooiste dorpie/stil.

Jacques B - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques B
Enkelreisiger

Eenvoudig net fantasies.

Seker een van die lekkerste plekke waar ek nog gebly het. Die mees vriendelikste mense nog. Het gevoel of ek na familie toe gekom het. Nuwe vriende gemaak.

Yolandie S - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolandie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Definitief ’n moet!

Wat 'n aangename verrassing. Pragtige ou kamer, skoon beddegoed en warm water, net wat jy nodig het na 'n lang dag op die pad. Heerlik gekuier saam Dave en Heather, sout van die aarde mense. Die pizza was heerlik.

Laurette V - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Laurette V
Saam met vriende

Baie hartlik verwelkom deur Dave en hy het baie moeite gedoen om ons tuis te laat voel.

Ons kamer was skoon en netjes. Die badkamer en stort was 'n fees. Heerlike pizza.

Charl Z - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charl Z
Besigheidsreis

Baie lekker!

Baie lekker gebly. Dave en Heather baie aangenaam en vriendelik. Pizzas ongelooflik lekker!

Carol L - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Carol L
Gesin met tieners

Nie aanbeveelbaar nie.

Na 'n 8 uur ry verwag mens ten minste 'n gemaklike bed en ordentlike bed. Die matrasse in ons kamer was so oud die springs steek in jou rug in as jy daarop slaap. Oor die algemeen is die verblyf baie baie oud met bitter min onderhoud. In die vervolg sal ek liewer 70 / 100km verder ry, R100 meer per nag betaal en ten minste ordentelike slaap en stort inkry.

3 Darling Street Guest House's terugvoer

I feel that this review warrants a reply. Yes, our rooms are in very old houses built in the late 1800's, but to say there is very little maintenance, and that the furniture is old, is totally unwarranted. We upgrade our furniture on a regular basis and maintenance is an ongoing, annual expense for us. We have had numerous happy customers use our rooms this season with a lot of very good reviews.

3 Darling Street Guest House
Theresa T - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theresa T
Gesin met klein kinders

Exceeded my expectations.

Stopped overnight on 27/12/16 and 03/01/17 and was accommodated in a different room with each stay over. On both occasions the rooms were clean and tidy. Was impressed with the fact that towels were provided. Dave very friendly and readily available. Thank you.

Jacqueline D - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacqueline D
Gesin met tieners

Wat 'n wonderlike ervaring.

Het een nag hier oornag en sal beslis weer. Ons het vroeg gearriveer en die eienaars was baie toegeeflik, ons kamer was beskikbaar. Die kamer was netjies en skoon. Dave en Heather is voorwaar twee baie aangename mense. So gasvry. Die kroeg en restaurant wat deel is van die gastehuis, is 'n groot pluspunt. Ons het so lekker geëet. Sal dit vir enigeen aanbeveel!

3 Darling Street Guest House's terugvoer

Baie dankie vir die mooi woorde Jacqueline. Ons hoop om julle weer te sien.

3 Darling Street Guest House
David M - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
David M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gasvry.

Baie vriendelik en gasvry. Heerlike kos.

Leonard H - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Leonard H
Saam met vriende

Gemaklik en gerieflik.

Die televisiestel was uit die gastehuis gesteel toe ons na Dot se Winkel toe gegaan het. Letterlik uit die muur gepluk met montering en al. Dit laat mens ongemaklik met die veiligheidskwessie. CCTV? Ander opsies? Daar is ook nie 'n yskas beskikbaar nie.

Gerty B - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Gerty B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Niemand was tuis toe ons moet inklok nie.

Ons het net na 4 aangekom, maar niemand was tuis nie. Ons oproep het ongeantwoord gegaan. Op aanvraag of ons ons geld sal kan terug kry, is ons ingelig dat ons nie ons deposito sal terugkry nie omdat hulle nie die kamer kon herverkoop nie. Baie teleurstellend.

3 Darling Street Guest House's terugvoer

Dear Gerty

As I have already explained to lekkeslaap, I was at home all day across the road from the restaurant. I did not receive any missed calls on my phone log. According to your time of after 4pm I was already at the restaurant setting up the television for the rugby and making sure that the fireplaces were lit. There were also people sitting outside on the verandah who will confirm that no one arrived at the time you stated.

I kept the room open for you the whole night in case you might have been delayed.

3 Darling Street Guest House
Johann Z - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johann Z
Enkelreisiger

Die verblyf was baie gemaklik.

Dave en Heather gaan uit hul pad om jou welkom te laat voel en hul kliëntediens is puik.

Simamile N - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Simamile N
Saam met vriende

Friendly owner and staff.

3 Darling Street Guest House is clean and conveniently located. It also has a restaurant attached to the guesthouse which is an added bonus. If I am crazy enough to drive to Cape Town again I will definitely choose this place again.

Antoinette F - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Antoinette F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit is 'n baie lekker en gesellige plekkie om oor te slaap.

3 Darling Street Guest House is ryk met geskiedenis en baie goed in stand gehou. Die mense is vriendelik en die diens is baie goed. Ons het dit baie geniet!

Gerrit P - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Gerrit P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die plek is verwaarloos en word nie in stand gehou nie.

Eienaar is baie vriendelik, maar ongelukkig kan dit nie vergoed vir die stand van verwaarlosing nie. Alles is verwaarloos. Die kos was darem goed.

Jaco F - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Jaco F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Darling Street is totaal "overrated"!

As ons dit vergelyk met wat ons by al die ander gastehuise op ons 14 dag-vakansie gekry het, is daar geen vergelyking nie. Ons het vir 'n koningingrootte-bed gevra en 'n gewone dubbelbed gekry. Alles is aan een kragprop, een op die ander ingeprop, daar is nie 'n "multiplug" met skakelaars vir alles nie, myns insiens baie gevaarlik! Daar was 'n warmkombers, maar daar was nie plek om die een helfte van dié kombers aan die krag te koppel nie. Die veiligheidshek voor die buitedeur was maar lamlendig en wankelrig. Om die krane is aanpaksels - baie onaangenaam. Die stort is omtrent 30 cm of meer bo die grondoppervlak, as mens nie meer so jonk is nie, is dit moeilik om in te klim in die storthokkie. Daar was 'n TV in die algemene sitkamer, maar dit was nie ingestel nie! Die eienaar het nie geweet hoe om dit te doen nie. Ons wou baie graag 'n insetsel kyk van 'n familielid op SABC 2 die aand! Die deure het geruk en pluk in die wind - dit het "rustige" slaap onmoontlik gemaak.

3 Darling Street Guest House's terugvoer

Dear Jaco,

We are shocked by your comments. We try our level best to provide the best we can. We are always open to criticism in order to improve our service and we will definitely be looking into all that you have mentioned. However, as your comments have been put out into the public domain, we feel that we must respond. The request for a queen-size bed could not be accommodated as we do not have queen-size beds, and this was explained to you. There are multiplugs and other plugs in the rooms. That is how we are able to provide a kettle, electric blankets, heaters and an alarm radio. Unfortunately sometimes our guest leave with our plugs and we do not always pick this up immediately. As far as the TV was concerned, we have a small package on DStv that works perfectly. It was not apparent that you were unhappy when we said our goodbyes. It would have been best to to know and address your concerns prior to your departure.

Regards,
Dave

3 Darling Street Guest House
Nico J - Apr 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Nico J
Enkelreisiger

Netjies en skoon!

Die ontvangs was baie vriendelik en die ontbyt was heerlik en meer as genoeg.

Gustav V - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gustav V
Enkelreisiger

Rustig en gemaklik!

Dit is die tweede maal dat ek hier oornag tussen Kaapstad en Johannesburg. Die diens is uitstekend en die gastehuis baie gemaklik. Kamers netjies en goed ingerig. Ek beveel 3 Darling Street Guest House sterk aan.

Inet K - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Inet K
Enkelreisiger

Die mense was baie vriendelik en die kos heerlik.

Enigste nadeel was dat daar net 'n bad in die kamer was en geen stort nie.

Dawid S - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Dawid S
Gesin met tieners

Baie lekker gebly.

Was baie lekker om deur die strate te wandel, die hotel te besoek, asook die kerk. Die koppie uitklim was ook 'n hoogtepunt. Bly ons het nie net weer verby gery nie.

Richard W - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Richard W
Gesin met tieners

Dit wat geadverteer word (foto's) en die werklikheid verskil hemelsbreed.

Ek sal nie weer van dit gebruik maak nie.

Kobus D - Des 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kobus D
Gesin met klein kinders

Gemaklik.

Alles is daar wat jy nodig het. Almal is vriendelik en hulpvaardig en die kos is uit die boonste rakke. Ons het aandete en ontbyt geniet.

Linda B - Okt 2014
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Linda B
Enkelreisiger

Net oornag gebly.

Was bietjie teleurgesteld oor die netheid. Anders was kamer gemaklik en het die nodige gehad. Ontbyt was lekker, jammer ek het die pizza restaurant gemis, dit het nogal lekker geklink.

Leon L - Sep 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Leon L
Gesin met tieners

Die ontvangs was baie vriendelik en behulpsaam.

Ons het slegs oorgeslaap.

Rachel S - Aug 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rachel S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Om 'n bekende sepiester se woorde te gebruik: "Dit was fantasmagories!"

Waar begin 'n mens om iets só lekker en kosbaar te beskryf! Besoek Hanover. Daar is geen rede om te wag tot jy Kaap toe of terug reis nie. Die "pub" is iets om te beleef en jy het nie pizza geproe tot jy 'n "skaapboer special" probeer het nie! Dis 'n belewenis - baie, baie dankie vir die juweel en dat ek deel daarvan kon wees!

Piet V - Jun 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Piet V
Saam met vriende

Pragtige ou meubels en kamers. Antieke meubels is baie mooi.

Aan te beveel vir enigeen wat honger en moeg is.

Billy W - Apr 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Billy W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons dink net dat vir R300 per persoon per nag, kan ontbyt aangebied word.

Baie lekker. Vriendelik gasheer. Sal weer eendag daar bly.

Susan D - Mrt 2014
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Susan D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie potensiaal, maar die huis verwaarloos.

Die ou huis is baie mooi, maar kort baie aandag. Daar is klein dingetjies wat gedoen moet word om te verseker dat 'n mens weer daar sal bly. Die gasheer en gasvrou is baie vriendelik en die kos baie lekker.

Dirk J - Feb 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk J

'n Heerlike ruskans om 'n lang reis op te breek.

Ons is met vriendelikheid verwelkom. Die gasvryheid was uit die boonste rakke. Sal enige tyd 3 Darling Street aanbeveel.

John A - Jan 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
John A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Good atmosphere and friendly host.

Comfortable accommodation, good food, and friendly service.

Irna P - Des 2013
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Irna P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste in ag genome my laat bespreking.

Slegs 'n warm duvet sonder bo-laken in die Karoo in Desember? Geen DStv?

Magda K - Des 2013
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Magda K

Lekker gebly! Skoon en netjies!

Sou graag 'n klein yskassie in kamer wou hê om koeldrank/padkos koud te hou. Die pizza by die restaurant was baie lekker!

Charl D - Des 2013
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Charl D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelike diens en baie aangename ondervinding!

Ons het 'n gemaklike verblyf gehad in die mooi dorpie van Hanover. Die gastehuis het baie karakter en die kamers is goed ingerig.

Elbie N - Sep 2013
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Elbie N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangename mense!

Vriendelike ontvangs! Heerlike pizzas. Gesellige kuierplek! Lekker warm geslaap. 'n Moet-stop.

Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Darling Straat, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMyZDNjMTQyLWRhMTMtNDQ0YS1iMDk3LWZjZWRkMjU5MjgxYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R790  per nag (vir 2 persone) 57 5 1 5 3 Darling Street Hanover 7005 Noord-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -31.069231059697 24.442420899868
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!