Hanover Akkommodasie by 3 Darling Street Guest House | LekkeSlaap
+29
+29

3 Darling Street Guest House

57 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R790 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Darling Straat, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Ons AA-gegradeerde gastehuis is ideaal geleë op die N1, halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad, asook halfpad tussen Port Elizabeth en Upington op die N10 en daarom is dit die perfekte blyplek vir moeë reisigers wat 'n gerieflike kamer nodig het.

Al ons kamers is en suite en is gemeubileer in tradisionele Karoo- en Victoriaanse styl met baie antiekstukke en oorspronklike kunswerke op die mure. Die eetkamer word in die winter met 'n oop kaggel verwarm waar gaste dikwels saans na ete kuier asook in die snoesige klein kroeg.

In die somer is ons klein tuin 'n gunsteling, so ook die voorstoep waar gaste 'n skemerkalkie kan geniet en die aandvertoning van duisende Kleinrooivalke wat deur die lug sweef, kan aanskou.

Honger? Ons het 'n watertandlekker pizza-spyskaart en ook 'n aansienlike a la Carte spyskaart om almal te bevredig. Ons pizzas is welbekend en dis 'n moet as jy 'n pizza-aanhanger is.

Die klein kroeg is waar reisigers beslis die geleentheid sal kry om sommige van die boorlinge te ontmoet wat vir 'n drankie na werk kom en iets te ete kry. Dit lei dikwels tot 'n uiters gesellige atmosfeer en die smee van goeie vriendskappe.

Saam met ons wonderlike personeel streef ons daarna om jou verblyf by ons wonderlik en onvergeetlik te maak. Ons sien almal uit daarna om jou by die historiese dorp, Hanover, en by 3 Darling Street te verwelkom.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 57 resensies vir 3 Darling Street Guest House
Netheid
4.1/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • 3 Darling Straat, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Gaste dink 3 Darling Street Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Hanover Karoo Noord-Kaap
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Darling Straat, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMyZDNjMTQyLWRhMTMtNDQ0YS1iMDk3LWZjZWRkMjU5MjgxYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R790  per nag (vir 2 persone) 57 5 1 5 3 Darling Street Hanover 7005 Noord-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -31.069231059697 24.442420899868
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za