37 on Oos

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

37 on Oos bied gerieflike verblyf aan die oostekant van die Goukourivier in Stilbaai, 'n pragtige kusdorpie op die Tuinroete. Stilbaai is maklik van die N2 af bereikbaar en die huis is naby 'n Blouvlagstrand en die Goukou-riviermonding.

Daar is 1 knus slaapkamer met slaapplek vir 2 gaste. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid self het nie ‘n see- of rivieruitsig nie.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis met 'n induksiestoofplaat, mikrogolf, yskas, ketel, breekware en eetgerei. Slegs OpenView-kanale is beskikbaar, met 'n DStv-koppelpunt en HDMI-kabel. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder saam te bring. Die woonhuis se stoep en buitebraai-geriewe met 'n gedeeltelike rivier-uitsig is beskikbaar vir gaste se gebruik.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die eenheid is naby Lappiesbaai Blouvlagstrand en strandfront restaurant, en gaste kan by die riviermond gaan kajak-, kano- of staanplankroei, vlieërbranderry, hengel of met hul eie bote vaar. 'n Minigholfbaan, die bekende On The Rocks-restaurant, Puffies-kuierplek, Die Blou Seekat-drankwinkel, Appelliefie Coffee Shop en 'n minimark is ook daar naby.

Natuurliefhebbers kan die voetslaanroetes in die Pauline Bohnen en Geelkrans Natuurreservaat aandurf. Gaste kan ook besoek aflê by die Toerismeburo waar palings elke dag met die hand gevoer word.

Slaapplek

'n Bespreking by 37 on Oos sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 37 On Oos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 R502 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false