53 Pyracantha Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

53 Pyracantha Street bied 3 selfsorg-suites op die eienaar se erf in Somerset-Wes. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie besienswaardighede.

Verblyf is beskikbaar in 3 suites wat smaakvol versier is in 'n soortgelyke styl. Elke suite bestaan uit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel en kaste om breekware en eetgerei te stoor.

Elke suite het ook 'n platskerm-TV met 'n hardeskyf vol films, lugversorging, gratis WiFi, elektriese komberse en komplimentêre tee, koffie, melk en koekies. Daar is haardroërs in elke suite. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Die eenhede word daagliks skoongemaak en die voorrade word ook daagliks aangevul, behalwe op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae.

53 Pyracantha Street is net 7 km van die Strand se swemstrand af, 5 km van Somerset Mall, en sowat 1 km van die spoggerige Waterstone Village-winkelsentrum af. Daar sal jy 'n Woolworths, Mugg & Bean, Steers, Hussar Grill, en apteke aantref. Stellenbosch is net 10 minute se ry ver en 20 minute agter die stuur is al wat tussen jou en Kaapstad Internasionale Lughawe staan.

53 Pyracantha Street is aan die beginpunt van die wynstreek geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 53 Pyracantha Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za