58 Espanol

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

58 Espanol is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n sekuriteitskompleks in Bloubergstrand geleë is. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gesellige verblyf naby die strand en ander besienswaardighede.

Die woonstel is ten volle gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n trippelslaapbank met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, en ingeboude kaste waarin die eetgerei en breekware gestoor word.

Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank waarop gaste lekker kan ontspan en dit bied ook toegang tot die patio. In die kompleks is daar 'n gemeenskaplike swembad, braai- en wasgoedgeriewe, asook veilige parkeerplek agter motorhekke.

58 Espanol is 6 min se ry vanaf die strand, 'n winkelsentrum, MyCiti-busroetes en ander geriewe in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 58 Espanol gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za