7de Hemel Stilbaai

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mrt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

7de Hemel Stilbaai is 'n lieflike selfsorg-eenheid in 'n privaat vakansie-oord, 500 meter vanaf die hoofstrand in die kusdorpie, Stilbaai. Dié kusdorpie is langs die N2 tussen Mosselbaai en Riversdal geleë.

Die huis bied slaapplek vir 4 gaste in 'n tweeslaapkamerhuis en daar is ekstra slaapplek vir 2 kinders onder 12 op 'n slaapbank. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die slaapkamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, kisvrieskas, wasmasjien, skottelgoedwasser en gasverwarmer. Addisionele geriewe sluit 'n TV, braai-area en veilige parkeerplek vir 2 voertuie in. 'n Gemeenskaplike swembad en wasgoedgeriewe is op die perseel beskikbaar.

Stilbaai is skoon en veilig en spog met lang strande, 'n matige klimaat en die Goukou-rivier wat omtrent 15 km ver strek. Gaste kan swem, visvang, seilplankry, vlieërbranderplankry, kanovaar, seil, voetslaan, fietsry en gholfspeel in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by 7de Hemel Stilbaai sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 7de Hemel Stilbaai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R720 per nag (vir 4 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mrt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]