8 on Penguin

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

8 on Penguin is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Riebeeckstrand. Dis in Melkbosstrand, net 35 km noord van Kaapstad. Dié sonderlinge vissersdorpie is bekend vir sy wit sandstrande, seekosrestaurante, voetslaan in die natuur, golwende duine en ongelooflike berg-uitsigte.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede kamer het elk 2 driekwartbeddens en die badkamer het ’n stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer kan herstruktureer word om ’n dubbel- of koningingrootte-bed te bevat. Elke kamer het ingeboude kaste.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitstel vanwaar gaste die see-uitsig kan geniet.

Die woonstel het veilige parkeerplek onder en maklike toegang tot die woonstel via onderdakrtrappe. Bo is daar ’n balkon met sitplek. Daar is ook genoeg stoorplek onder indien gaste hul vlieërs, fietse of enige ander sporttoerusting wil stoor.

Die binnebraai-area bied 'n pragtige uitsig op Tafelberg en oor die see en gaste kan saans van die woonstel af die son oor die see sien sak.

Die woonstel is net om die hoek van die strand af geleë wat gewild onder vlieërbranderryers en windbranderryers is. Jy kan die toestande van see van die woonstel af sien en of dit geskik is vir enige sport. Die woonstel het maklike toegang tot die see en daar is ook oorgenoeg plek om lang wandelinge langs die strand te neem.

Jy kan vroegoggend die resiesperde in die see sien oefen vanuit die sitarea. Asemrowende sonsondergange asook walvisse en dolfyne wat in die see baljaar, dra by tot ’n ontspannende atmosfeer.

Die woonstel is ideaal geleë vir gaste wat graag die Weskus Nasionale Park of die plaaslike natuurreservaat wil besoek. Daar is ook wynplase in die area waar gaste ’n heerlike middagete in die son kan geniet.

Die woonstel het ononderbroke uitsigte op Tafelberg, Bloubergheuwel en Robbeneiland in die agtergrond. Die woonstel is ideaal vir ’n wegbreek vir enige gesin of groep vriende. Dit bied ook ’n veilige basis vanwaar gaste Kaapstad se prag kan verken.

Slaapplek

'n Bespreking by 8 on Penguin sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 8 On Penguin gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]