9A Herte Street Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

9A Herte Street Apartment is 'n smaakvolle dubbelverdiepingwoonstel in die hartjie van Stellenbosch. Dit is naby verskeie restaurante en wynkroeë, maar tog in 'n stil straat in een van die oudste woonbuurte in Stellenbosch, net om die draai van die bekende Oom Samie Se Winkel.

Dié en suite-slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed. Die badkamer het 'n instapstort en 'n toilet. Die kamer het 'n plafonwaaier en goeie ventilasie met deure wat na 'n balkon lei. Onder is daar 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, gasstoof, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Die woonstel het ook onbeperkte WiFi wat gaste die geleentheid bied om Netflix of Showmax op die TV onder of bo in die kamer te kyk.

Die woonstel is 1,4 km vanaf Eikestad Mall en Stellenbosch Universiteit. Dié sentrale ligging bied toegang tot winkels, verskeie koffiewinkels, restaurante en kroeë in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by 9A Herte Street Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9A Herte Street Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R855 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]