9A Loader

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die dekor is 'n mengsel van style, met die fokus op tydlose gemak en huislikheid. 'n Industriële koloniale atmosfeer met 'n tikkie van Afrika verseker 'n heerlike kuier.

Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met verhitte vloere en handdoekrelings. Daar is 'n stoomstort in een van die kamers en 'n diep Toulouse-bad onder 'n kroonkandelaar in die ander. Die kamers het lugversorging en skootrekenaarkluise.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, mikrogolf en Nespresso-masjien. Daar is ook 'n rustieke hout-etenstafel met leerstoele in die kombuis. Gaste kan kom opkrul op die kontemporêre banke in die sitkamer waar daar ook 'n kaggel is. Die leefarea het lugversorging asook 'n houtbrandstoof.

Dara is 'n klanksisteem in die sitkamer en stoep, asook Bluetooth-toegang in elke kamer. Ons verskaf ook WiFi d.m.v optiese veselkabels, en dara is ook DStv.

Op die stoep is daar 'n Jacuzzi uit vlekvrye staal, 'n eettafel, yskassie, gasbraai, wasbak, groot sambreel en beligting.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kaggel
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9A Loader gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]