A Lala Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

'n Hartlike verwelkoming wag op jou by A Lala Lodge wat die ideale akkommodasie bied vir professionele reisigers. Ons ligging maak die lodge maklik bereikbaar, nie net in Centurion nie maar ook vanaf Pretoria en Midrand.

Verblyf bestaan uit 10 luukse kamers, elkeen met lugversoging, en suite-badkamers en hul eie ingang. Elkeen beskik ook oor WiFi en TV's met M-Net en sekere DStv-kanale. Faks-, fotostaat- en e-pos-geriewe is beskikbaar by ontvangs.

Gaste kan ook gerus 'n potjie gholf geniet. Die toonaangewende Zwartkops Gholflandgoed is net om die hoek. Die baan is om die Hennopsrivier gebou en dit skakel mooi in met die spel. Die Centurion Gholfbaan is ook naby, dié baan, wat deur Peter Matkovich ontwerp is, is baie uitdagend!

Ons sien uit daarna om jou as ons gas te verwelkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Lala Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 018 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za