Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

AfriCamps at Karoo 1

Tentekamp

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 152

Jaar gelys 8

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 8 resensies vir AfriCamps at Karoo 1
Netheid
4.3/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
3.8/5
Odette D - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Odette D
Gesin met klein kinders

Gemaklik en genotlik.

Ons het ons verblyf by AfriCamps at Karoo 1 terdeë geniet! Dit was presies wat ons verwag en gesoek het. Baie netjies en perfek ingerig. Ongelukkig was daar nie water in die rotspoel nie en die swembad was groen. Hierdie was wel a.g.v. elektrisiteitsprobleme en nie onderhoud aan AfriCamps of Karoo1 se kant nie. Ons kon wel die "hot tub" gebruik. Die restaurant by Karoo1 het heerlike kos. Die bergfietsroetes is baie mooi.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Joey H - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Joey H
Saam met eggenoot / lewensmaat

So so.

Die tentverblyf in no 13 met hottub was heerlik met 'n mooi uitsig na die berg. Ek was egter teleurgesteld oor die netheid van die terrein. Die krale skapies wat jy ontvang lê al jare omgeval. Papier en plastiek lê rond, stoepe is nie gevee nie, en akkers is vol onkruid. Ons het 25 minute vir ontbyt gewag en dit was koud. Personeel raas in die kombuis. Die ontvangsdame het kontant van my aanvaar en uit haar handsak kleingeld gegee. Ek het geen bewys van betaling ontvang.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Casparus T - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Casparus T
Gesin met klein kinders

Skoon lug, skoon plek, skoon natuur!

Alles was mooi skoon en sal weer hierdie plek besoek. Karoo 1 is ook baie goed met hul kliëntediens. Die feit dat dit troeteldiervriendelik is, was 'n groot bonus!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Francine C - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francine C
Saam met vriende

Heerlik, skoon en warm.

2 rolletjies toiletpapier te min vir 5 mense vir 'n naweek. Net een braaitang vir hout en vleis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

AfriCamps at Karoo 1 se terugvoer

Hallo Francine, dankie vir jou waardevolle terugvoer. Ons vra om verskoning vir enige ongerief en ons sal in die toekoms meer aandag hieraan gee.

AfriCamps at Karoo 1
Alicia H - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Alicia H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie potensiaal, maar hierdie besoek was nie goed nie.

Die AfriCamps tent was goed ingerig met 'n lekker kaggel binne wat die hele tent lekker warm maak. Ons het nie die warmbad gebruik nie, maar dit was beskikbaar en skoon. Ons was wel ontevrede met die feit dat ons in 'n tent geplaas is wat reg oorkant 'n area was waar daar werkers aan iets gewerk het. Die verblyf is troeteldiervriendelik so ons het ons honde saamgeneem, maar natuurlik wou ons honde die heeltyd vir die werkers blaf. Werkers wat boor en raas is natuurlik ook nie lekker as mens wil stilte hê en rus in die natuur nie. Nadat ek hieroor gekla het is ons darem spoedig gehelp en vir die 2de aand na 'n ander tent geskuif. Ons kon egter steeds die volgende oggend vanaf 10:00 die werkers hoor - klank trek mos maar in 'n kloof. Ek voel dat onderhoudwerk in so 'n geval gedoen moet word wanneer daar nie besoekers is nie - sluit eerder die hele area en kry die werk klaar. Of waarsku ten minste gaste dat hulle ongelukkig werkers gaan hoor werk.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Denise V - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Denise V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lieflike, luukse verblyf in 'n pragtige tent. Die natuur is pragtig!

Ons het ons naweek by Africamps Karoo 1 baie geniet! Dit kaggeloondjie was perfek vir die koue weer wat ons gehad het. Die tente is baie goed geisoleer en ons het glad nie koud gekry as die vuurtjie gebrand het nie. Die beddens is goeie gehalte met luukse beddegoed. Lekker groot stort en die water altyd warm. Die natuur en ligging is asemrowend. Ons sal verseker weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Willie T - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Willie T
Gesin met klein kinders

Was lekker, net jammer alles werk nie mooi nie.

By aankoms was dit donker en onder 10 grade, dit was load shedding en daar was geen lig by die tent nie. Ek het probeer om die kaggel aan te steek, maar hy het ons uitgerook. Ek het ontvangs gebel en hulle het vir my gesê hulle sal môre iemand stuur, nadat ek daarop aangedring het, het iemand uit die dorp gekom. Ek moes nog 'n uur wag met 'n baba en kleuters wat huil dat hulle koud kry en ons kan niks sien nie. My hele eerste aand was 'n gemors as gevolg van geen batteryligte nie en dat instandhouding van die skoorstene nie gedoen word nie. Dit het die man 5min gevat om die sif in die skoorsteen uit te haal wat geblok was, as dit so maklik was, kan hulle dit gerus elke week doen voordat gaste sukkel. Ons vriende in 'n ander tent het presies met dieselfde probleem gesukkel en in 'n ander tent was die toilet geblok met aankoms.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Pietie L - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pietie L

As jy wil wegbreek uit die stad, ideaal. Stille rustigheid.

Ontvangs kon ons met aankoms ingelig het dat ons nie 10:00 hoef te ontruim nie, want hul was verbaas omdat ons so vroeg vertrek. Restaurant waar ontbyt bedien was, was nie heeltemal voorberei vir aantal gaste. Het nie genoeg voorraad gehad en sap en yogurt was warm. Ons hou daarvan om wegbreekplekke te ondersteun. Sou dit waardeer het as ons die rekening kon sien en nie net die bedrag mondelings weergegee word nie. Dalk kan daar 'n kaart wees om tente se nommers te wys, sodat mense kan kies op voorkeurbasis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 590
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 65 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Karoo1 Hotel Village, De Doorns, 6875, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56a7f85245e5fd87c82e805bfab4d8eaa6beffda0e2c69808f648f4cca1952860a8d60a61bfd690026de2a9eb0f4790d70c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 N1 Karoo1 Hotel Village 6875 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.386702 19.834496
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem