Universitas Akkommodasie by African Footprints Lodge | LekkeSlaap
+23
+23

African Footprints Lodge

Lodge
  • Vanaf R790 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 68 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 219 President Paul Kruger Laan, , Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

African Footprints Lodge is deur die toerismegraderingsraad van Suid-Afrika as 4-ster-lodge bestempel.

Ons is reg oorkant die Universiteit van die Vrystaat, die Universitas Hospitaal en in dieselfde straat as die groot sportstadions (Vodacom Park ens.) geleë.

Alle staatsdepartemente, die Hooggeregshof, Saint Andrews Boys, Saint Michaels, Grey College, Eunice Hoërmeisieskool, die Sentrale Universiteit van Tegnologie, die Bloemfontein Dieretuin en die Loch Logan Waterfront Mall met verskeie luukse restaurante is binne 1,2 km van die African Footprints Lodge.

Ons bied gemaklike, stylvolle, Afrika-styl en suite-kamers. Al ons kamers het privaat ingange na die tuin en parkeerarea. Alle kamers bied lugversorging, is toegerus met 'n platskerm-TV en tee- en koffiemaakgeriewe.

African Footprints Lodge bied verder ook konferensiegeriewe met sitplek vir tot 124 afgevaardigdes (90 sitplekke met tafels en 124 teater-uitleg). Ons nooi jou om hierdie ideale venue vir 'n konferensie, korporatiewe funksie, klein troue of enige ander spesiale geleentheid te ervaar. Die elegante konferensiekamer kan aanpas by enige geleentheid. Konferensie-fasiliteite soos 'n data-projektor, skerm, ens. kan vooraf gereël word. Oggendtee, middagete en namiddagtee kan volgens die kliënt se behoeftes gereël word. VIP-kamers is ook beskikbaar. Ons het braai- en swembadgeriewe wat die konferensiegeriewe komplementeer. Ons gereelde kliënte sluit verskeie staatsdepartemente in. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die lodge kan groot groepe akkommodeer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 13 resensies vir African Footprints Lodge
Netheid
3.8/5
Diens
3.3/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.2/5

Ligging

  • 219 President Paul Kruger Laan, , Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink African Footprints Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 68 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 219 President Paul Kruger Laan, , Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMxNjkwMDhkLTc3ZjktNDdiYy1hMGNhLWUxNmQ4NWY2MTU1MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R790  per nag (vir 2 persone) 13 5 1 4 219 President Paul Kruger Avenue Universitas 9300 Vrystaat 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -29.119224390367 26.180429271164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za