African Sea Breeze
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
African Sea Breeze is 'n ruim selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks. Dit is op die grondvloer aan die agterkant van die kompleks geleë wat dit meer privaat maak. Daar is ook genoeg gras waarop die kinders na hartelus kan baljaar.
Die woonstel het 2 slaapkamers; die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is 1 badkamer (stort en bad) en die groot kombuis is goed ingerig met 'n stoof, mikrogolf, broodrooster, yskas, wasmasjien, ens.
Die sitkamer is toegerus met rusbanke met sitplek vir 3 en 'n platskerm-TV met 'n goeie klankstelsel, satelliet-TV en 'n DVD-speler. Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is ook slaapplek vir 2 kinders op rusbanke in die TV-kamer.
Daar is gratis onderdakparkeerplek en 'n gemeenskaplike swembad op die perseel.
'n Sekuriteitswag beman die hek 24 uur per dag en daar is 'n brandblusser in die woonstel se gang.
Die strandmeer is baie lekker vir die kinders en besoekers kan ook heerlik swem in die gemeenskaplike swembad gedurende die somer. Die swembad is tans toe as gevolg van Coviv-regulasies.
Verlustig jou in die wisselende sonsondergange gedurende die dag en staan verstom voor die wemelende sterrehemel saans. Gholfspelers, bergfietsryers, fietsryers, perdeliefhebbers, vlerkswewers, vlieërbranderryers en waterskiërs hier hoef nie ver te ry op soek na 'n speelplek nie. Boomtoptoere en rekspring is ook in die omgewing beskikbaar. Besoekers kan gerus ook 'n draai maak by die kunsvlyt-, varsprodukte- en kosmarkte. Monkeyland en Birds of Eden is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n onvergeetlike woudbelewenis.
Slaapplek
’n Bespreking by African Sea Breeze sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink African Sea Breeze het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom