Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Afrika Pearl Guesthouse

Gastehuis
Winteraanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 22 Apr 2024 tot 30 Apr 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patriotstraat 20, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Afrika Pearl Gastehuis is in die middel van die Paarl geleë, net 60 km van Kaapstad af. Daar is pragtige eenhede met uitsigte oor die tuin, swembad en Paarlberg.

Verblyf word in verskeie eenheid gebied, wat die Selfsorgeenheid, Granite Grey, Tranquility, The Patriot en The Pearl insluit. Die Selfsorgeenheid en Granite Grey spog elk met hul eie tuin, privaat ingang en 'n onderdakstoep. Tranquillity, The Patriot en The Pearl is by die hoofhuis geleë en het toegang tot 'n tradisionele stoep wat na die tuin en swembad lei. Elke kamer beskik oor 'n TV met volle DStv-pakket, WiFi, 'n kluis vir kosbare besittings, lugversorging, verwarmers en 'n elektriese kombers. Rook is verbode in die eenhede en elkeen het sy eie ingang.

Die Selfsorg-eenheid en Granite Grey bied elk slaapplek aan 2 gaste en het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas en al die nodige kookgereedskap. Die eenheid het ook 'n privaat tuin . 'n Kampbed of bababed is beskikbaar en moet vooraf gereël word.

The Patriot en Tranquillity bied elk slaapplek aan 2 gaste en die kamers het 'n klein sit-area, lugversorging, warm komberse vir die winter, 'n kluis, TV, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Die eenhede bied ook elkeen toegang tot 'n onderdakstoep met 'n tuin-uitsig en swembad. Handdoeke is beskikbaar vir swem. 'n Kampbed of bababed kan ook gereël word.

The Pearl het 2 driekwartbeddens, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, kluis, warm komberse vir die winter, lugversorging, 'n TV en WiFi.

Die verblyf het ook sonkrag.

Verskeie restaurante soos Wiesenhof Koffies, Jack's Bagels, Jackson & Black, en Cattle Baron is stapafstand vanaf die gastehuis. Paarl word deur wynplase en besienswaadighede omring wat gaste kan besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 26 resensies vir Afrika Pearl Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Christelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Jaar gelys 7

Ligging

  • Patriotstraat 20, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Afrika Pearl Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patriotstraat 20, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlNWQyZWM1LTIxMjItNDZhMS04NGI0LTlkOTZkMGVhNGUzMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 20 Patriot Street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.741610593069 18.966078758212
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem