Heroldsbaai Akkommodasie by Agape Vakansie Huis | LekkeSlaap
+21
+21

Agape Vakansie Huis

Selfsorg
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooikransiestraat 3, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Agape Vakansie Huis skuil langs natuurlike fynbos en bied selfsorgverblyf in Heroldsbaai, 1,5 km van die strand af.

Verblyf word in 2 eenhede gebied naamlik die Agape Vakansie Woonstel met slaapplek vir 2 of die Agape Vakansie Huis met twee verdiepings en slaapplek vir 10. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die eenheid op die eerste verdieping is ideaal vir 'n groep of 'n familie en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers met baddens en storte. Die kombuis is volledig toegerus en gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet wat 'n uitsig oor die area bied. Die huis het 'n lekker sitarea, maar let asb. daarop dat die eenheid nie 'n TV het nie. Die leefarea lei na 'n houtdek met braaigeriewe, 'n oefensetperk en 'n trampolien. Dié geriewe is slegs vir gaste van die huis en word nie met die woonstel gedeel nie.

Die Agape Vakansiewoonstel is onder die hoofhuis en het 'n oopplan-uitleg met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is volledig toegerus en daar is 'n TV. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saam te bring.

Heroldsbaai bied verskeie doendinge, soos swem, visvang, branderpalnkry, voëlkyk, gholf by Oubaai Gholfklub en walvis- en dolfynkyk in seisoen.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Rooikransiestraat 3, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooikransiestraat 3, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf0b2454e3c5f26f0b674f9923a3d504881370fe7c01149f14281f7c1b526b6f5465daca4b4710bb09e8803a150e56e4c37a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 850  per nag (plek vir 2) 3 Rooikransie Street Herolds Bay 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.048177997054 22.3988517
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za