Agulhas Akkommodasie by Agulhas Heights | LekkeSlaap
+43

Agulhas Heights

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highlevel-straat 16, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hierdie bekoorlike, afgewitte kothuise, met 'n speelse gevoel, is geleë in Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika. Dit is ook die plek waar die Indiese- en Atlantiese Oseaan mekaar ontmoet.

Ons het 3 selfsorgkothuise met luisterryke 180º-uitsigte oor die see en die kus. Elke kothuis het 2 slaapkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, leefarea en 'n aparte badkamer. Die hoofslaapkamers het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 stapelbeddens in die leefkamer. Elke kothuis bied slaapplek vir 5 mense. Die kothuise is volledig toegerus en is stapafstand van die winkels en restaurante af.

Die pragtige, ruwe puntjie van Afrika is 'n nasionale park wat 'n tuiste bied vir 'n groot verskeidenheid wild. Die nasionale park dien ook as 'n broeiplek vir die bedreigde swarttobie. Swemmers en branderplankryers is mal oor die Indiese oseaan se warmer water en hierdie omgewing is veral ook bekend vir sy skeepswrakke.

Ekstra beddens is op versoek teen minimale koste beskikbaar. Dit is nie troeteldiervriendelik nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 13 resensies vir Agulhas Heights
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Highlevel-straat 16, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Agulhas Heights het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highlevel-straat 16, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZjYmQzOTY5LWNkOGYtNDE2ZC04OThjLTU2Njk0MDE1ODY2Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 2 persone) 13 5 1 5 16 Highlevel Street Agulhas 7287 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.825923310634 20.00890736932
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za