Aire del Mar Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 18 Mrt 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Aire del Mar is in Kleinbaai, sowat 3 km vanaf Gansbaai geleë. Die gastehuis is stapafstand van die hawe af wat bekend is vir haaihokduikavonture en walviskyk-avonture.

By Aire del Mar Guesthouse word gaste bederf met persoonlike diens en puik akkommodasie in 5 ruim, luukse B&B-kamers.

Gaste kan hulself op die eerste vloer verlustig in die panoramiese uitsigte wat oor die baai strek tot by Dyer-eiland. Elke oggend word 'n stewige Suid-Afrikaanse ontbyt voorgesit en 'n bietjie later kan gaste 'n lekker glasie wyn op die balkon of by die kroeg geniet.

Die grondvloer bestaan uit 3 selfsorg-eenhede, elkeen met 'n en suite-badkamer en 'n ingang van buite af. Elkeen van hierdie kamers het plek vir 2 persone en is toegerus met 'n kombuisie waarin ligte etes voorberei kan word.

Elke kamer is toegerus met 'n satelliet-TV, paneelverwarmer, ketel en 'n muurkluis.

Aan die agterkant van die huis is daar oop- en onderdakbraaigeriewe. Kleinbaaistrand is ideaal vir lang wandelinge hetsy met die sand tussen jou tone Franskraal se kant toe, of op die klipperige paadjie na Drip Kelder-grotte of Klipgatgrotte. Fietsryers laat gewoonlik die speke sing op die pad na Pearly Beach toe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aire Del Mar Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 045 R697 per nag (plek vir 2)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 18 Mrt 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]