Albatros @ Stilbaai

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Albatros @ Stilbaai is 'n lieflike drieslaapkamer-vakansiehuis in Stilbaai.

Dié huis is slegs 15 minute se stap vanaf die strand en die huis is ideaal vir 'n groep of 'n gesin van 8. Die hoofslaapkamer is gemeubileer met 'n dubbelbed, die tweede kamer het 'n dubbelbed en 2 driekwartbeddens en die derde kamer het 5 driekwartbeddens. Linne en 'n ekstra kombers word voorsien, maar gaste is welkom om hul eie of ekstra beddegoed saam te bring. Die 3 kamers deel die gebruik van 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Daar is ook 'n buitestort met warm water. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n oond en stoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die leefarea het 'n TV en DStv is beskikbaar teen 'n ekstra koste per dag. Daar is 'n tafeltennis-tafel in die groot binnenshuise braai-area en daar is ook 'n werksarea waar jy vis kan skoonmaak.

Stilbaai bied 'n verskeidenheid doendinge en besienswaardighede soos die Inverroche Distilleerdery, voëlkyk, staproetes in die natuurreservaat en die voer van palings by die Stilbaai Toerisme-buro.

Slaapplek

'n Bespreking by Albatros @ Stilbaai sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 5 persone
5 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Albatros @ Stilbaai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za