Kaapstad Middestad Akkommodasie by Alexandre's 2 Bed Apartment | LekkeSlaap
+9
+9

Alexandre's 2 Bed Apartment

Selfsorg
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strijdom-laan 24, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Alesandre's 2 Bed Apartment bied selfsorgverblyf in 'n veilige gebou in Kaapstad se middestad. Die gebou is naby 'n verskeidenheid ontspannings- en sakegeriewe in die middestad.

Dié woonstel is op die elfde verdieping en het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n ingeboude kas met 'n elektroniese kluis. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer word gedeel en het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond met 'n stoof, 'n verskeidenheid kookgerei, eetgerei en 'n wasmasjien.

Die woonstel het 'n oopplan-uitleg. Daar is etenstafel in die leefarea met sitplek vir 4, en die sitkamer het 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Die sitkamer lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die area en Seinheuwel. Die gebou het 24 uur-sekuriteit, 'n ontvangstoonbank, toegewese parkeerplek en toegang met 'n afstandbeheer.

Die gebou is gerieflik naby die stad se naglewe, restaurante en museums. Dis ook net 'n entjie se ry vanaf die KIKS, Kunstekaap, Kaapstadstadion in Groenpunt en die V&A Waterfront.

Slaapplek

’n Bespreking by Alexandre's 2 Bed Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Hans Strijdom-laan 24, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strijdom-laan 24, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAovGSEC1UE4pUwguJvdqNHCNFXOu11eKlovJXs2XNjf0tbDfsFT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 4) 24 Hans Strijdom Avenue Cape Town 8000 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.921761 18.420128
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za