Allegro Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Allegro Guest House is 'n pragtige gastehuis in Prieska, wat in die Noordkaap is. Ons bied gaste 'n lekker bed-en-ontbyt opsie en is die perfekte slaapplek vir gaste wat wil ontspan en rus in ons gemaklike gastehuis. Dis ook die perfekte plek vir gaste wat die Doornberge en pragtige Oranjerivier wil besigtig.

Ons het 5 eenhede wat elk 2, 3 of 4 persone kan akkommodeer. Die geriewe in elke eenheid sluit in 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, asook tee- en koffiegeriewe. Die badkamers is en suite en beskik oor of 'n bad en aparte stort, of net 'n stort. Verder is daar ook eetgerei en breekware in elke eenheid, die hoeveelheid afhangend van die kapasiteit van die eenheid.

'n Heerlike self-help-ontbyt word voorgesit met ontbytgrane en melk, vrugteslaai en jogurt, kolwyntjies, brood, konfyt en kaas om aan te smul. Aandete kan ook bedien word teen ekstra koste.

Gaste kan so 'n entjie gaan ry om die plaasgemeenskap al langs die rivier te sien. Ons bekende landmerk, Wonderdraai kan ook besigtig word en is sowat 20 km buite die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Allegro Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false