Amber Heights

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amber Heights bied 'n stylvolle, rustige toevlugsoord met asemrowende see- en berguitsigte. Geleë na aan verskeie toeristebestemmings en die George Lughawe, is dit ideaal vir gaste wat vroegoggend 'n vlug moet haal.

Ons bied 2 bekoorlike semi-selfsorgkothuise, elkeen met 'n badkamer, kombuisie vir basiese kosmaak, en baie ruim slaapkamer. Hierdie kothuise is ideaal vir paartjies wat op soek is na 'n knus skuilplek in die natuur, of vir sakereisigers wat wil ontsnap van die besige leefstyl van die stad.

Aangesien Amber Heights geleë is in van die laaste ongerepte inheemse woude, is elke ondervinding by ons uniek, in die beste moontlike manier. Die groot glasvensters bied 'n onbelemmerde oseaan- en woud-uitsig. Gaste word verkwik wakker met vars see-lug, sonder die oorweldigende gedreun van die brekende branders, maar met die rustige geluide van die vele inheemse voëls in die area. Wildernes-strand het ook Blouvlagstatus ontvang vanaf die Stigting vir Omgewingsopleiding (Foundation for Environmental Education), wat daarop dui dat hulle voldoen het aan die streng kwaliteit-, veiligheids-, omgewings- en diensstandaarde.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amber Heights gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false