Clubview Akkommodasie by Annex Overnight Stay | LekkeSlaap
+15
+15

Annex Overnight Stay

  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leydenlaan 186, Clubview-Oos, Centurion, 0014, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Annex Overnight Stay is in Centurion in Gauteng geleë. Dit is tussen Pretoria en Midrand. Centurion is bes bekend vir sy mall, een van die grootste winkelsentrums in Suid-Afrika. Dis die ideale verblyf vir gaste opsoek na 'n oornagplek.

Ons het 4 slaapkamers en bied slaapplek vir tot 7 gaste. Ons het 2 slaapkamers, elkeen met 'n dubbelbed en 1 kamer met 'n driekwartbed. Rook is verbode in al die kamers, met 'n privaat tuiningang en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elkeen van die kamers het 'n yskassie en 'n TV met plaaslike kanale. Daar is koffie- en teemaakgeriewe en beskuit in die kamer.

Braaigeriewe is beskikbaar in die tuin. Ons bied ook veilige parkeerplek op die perseel met 24 uur-afstandbeheerde toegang.

Ons bedien nie ontbyt nie, maar daar is meer as 50 restaurante, koffiewinkel en teetuine in 'n 5 km-radius rondom ons. Ons is ook net 4 km vanaf die Gautrain-stasie en 5 km vanaf SuperSport Park en die UNITAS Hospitaal. Gholfspelers het 'n keuse van 3 lieflike gholfbane die omgewing, waaronder die Blue Valley-baan, Swartkops en Centurion Gholfbaan. Vir diegene wat meer tyd buite wil spandeer, is die Rietvleidam Natuurreservaat en die Roodeplaatdam Natuurreservaat, wat albei 'n groot verskeidenheid vis-, voël- en dierlewe bied, na aan ons geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 29 resensies vir Annex Overnight Stay
Netheid
4.1/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Leydenlaan 186, Clubview-Oos, Centurion, 0014, Gauteng
  • Gaste dink Annex Overnight Stay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leydenlaan 186, Clubview-Oos, Centurion, 0014, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBmZjg3MGRhLTI5MGEtNDE2ZS05MTZiLWI3MWMxMjEyZDBiNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 29 5 1 5 186 Leyden Avenue Clubview East 0014 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.838976249515 28.173419237137
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za