Aqua Marine Llandudno

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aqua Marine is 'n lieflike selfsorg-woonstel in Llandudno, Kaapstad. Die woonstel het 4 slaapkamers met slaapplek vir 8 mense en dit is onder die eienaar se huis geleë. Die woonstel is net 3 minute se stap van die beeldskone Llandudno-strand af wat veral gewild is vir branderplankry.

Die woonstel het 3 slaapkamer met 'n dubbelbed en die 4de kamer het 2 enkelbeddens. 2 van die kamers het 'n en suite-badkamer en die ander 2 kamers deel 'n badkamer. Die kombuis is ten volle toegerus met genoeg eetgerei en breekware vir tot 10 mense asook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea het 'n platskerm TV met DStv en WiFi en ook dubbeldeure wat na die patio, swembad en braai-area lei. 'n Weber, gasbraai en buite-stort is beskikbaar aan gaste. Aqua Marine het parkeerplek van die straat af vir tot 3 voertuie. Dit word ook 3 dae 'n week skoongemaak.

Aqua Marine is naby Houtbaai en Kampsbaai waar jy die plaaslike strande, restaurante en naglewe kan geniet. Kaapstad se middestad is net 16 km van Llundudno af.

Slaapplek

'n Bespreking by Aqua Marine Llandudno sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Swembad

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aqua Marine Llandudno gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 439 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]