Asboom / Ashtree Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Asboom / Ashtree Guest House is in De Rust in die Wes-Kaap geleë. Dit is net 36 km van Oudtshoorn af op die N12 op Roete 62. Hierdie lieflike huis is naby die hoofstraat geleë en 'n gerieflike afstand van die plaaslike winkels en restaurante af. Dit is die ideale blyplek vir toeriste, reisigers en gesinne met vakansie.

Die gastehuis bied 4 slaapkamers en 1 kothuis, elkeen met 'n TV met DStv-toegang en WiFi. In die huis is daar 2 slaapkamers met 1 dubbelbed en 1 enkelbed. Gaste wat in hierdie 2 kamers bly deel 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Die derde kamer het 1 dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die kothuis is gemeubileer met 2 enkelbeddens en 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, 'n ketel en 'n yskas.

Ons maak nie voorsiening vir maaltye nie, maar gaste is welkom om gebruik te maak van die hoofkombuis vir koffie, tee of om maaltye voor te berei. Daar is ook 'n braai-area wat die gaste gerus kan gebruik. Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Asboom / Ashtree Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za