Asteria Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Asteria Place is in Paradise Beach in Club Mykonos, Langebaan en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die Club Mykonos Casino en die strand.

Dié verblyf is op die grond verdieping van 'n huis en die eienaars bly op die eerste verdieping. Die eenheid het 'n privaat ingang en beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 driekwart-beddens. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die leefarea het gemaklike sitplek, asook 'n TV met DStv. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Daar is ook 'n patio met braaigeriewe en 'n pragtige se-uitsig, asook veilige parkeerplek op die perseel.

Dié eenheid is in 'n stil en pragtige area met 'n beskutte strand. Dis ook naby verskeie doendinge en trekpleisters wat Club Mykonos bied, insluitend restaurante, watersport en bootvaart. Laguna-winkelsentrum is ook naby.

Slaapplek

'n Bespreking by Asteria Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Asteria Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za