Atlantic 4 shore
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visvangerstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 200R2 133 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Atlantic 4 Shore is 'n selfsorghuis in Paternoster. Dié unieke vissersdorpie lê aan Suid-Afrika se weskus. Dit is 'n gewilde bestemming vir vakansiegangers wat op soek is na 'n Mediterreense atmosfeer, hemelblou water, afgewitte kothuisies en 'n eindelose wit strand.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 ruim dubbelslaapkamers en 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer, 'n buitekuier-area, en 1 motorhuis.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste, 'n kaggel, 'n pragtige, volledige en suite-badkamer, en 'n deur wat na buite lei. Die tweede slaaparea is die ruim solderkamer met 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 kamers is gesinslaapkamers met 'n gedeelde en suite-badkamer en ingeboude kaste. Een het 'n dubbelbed en die ander het 2 enkelbeddens.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolf toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Die skuifdeure lei na die kuier-area met ingeboude braaigeriewe.
Paternoster is sowat 150 km noord van Kaapstad op die R27 en 15 km noordwes van Vredenburg. Dit is 'n gunsteling-naweekbestemming vir Kapenaars. Die Weskus is bekend vir sy diverse spesies en die hoë vlak van endemisme maak dit 'n besonderse plek om veldblomme te gaan kyk.
Slaapplek
’n Bespreking by Atlantic 4 shore sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 57
Resensies 741
Jaar gelys 11
Ligging
- Visvangerstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Atlantic 4 shore het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visvangerstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom