Kiepersol Akkommodasie by Bohm's Zeederberg Country House | LekkeSlaap
+21

Bohm's Zeederberg Country House

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R536, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 960 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hierdie 4-ster gastehuis is geleë in die pragtige Sabieriviervallei en word al sedert 1975 deur die Bohm familie besit en bestuur. By Bohm's wag absolute ontspanning in 'n malariavrye-gebied op jou. Bohm's se ligging is ook baie sentraal - naby die Kruger Wildtuin en Blyderivier-canyon en net 45 minute se ry van KMIA-lughawe in Nelspruit af.

Die gastehuis staan 900 m bo seevlak op 'n heuwel in die Sabieriviervallei en het 'n asemrowende uitsig.

Gaste gaan tuis in 10 gerieflike chalets rondom die swembad en Jacuzzi met welige, subtropiese tuine in die agtergrond. Die tuin word goed in stand gehou en daar is groot vyebome waarin 'n menigte voëls kwetter (onder meer twee tipes loeries) - dit is 'n absolute voëlkykparadys. Die inheemse bos wat hierdie 32 hektaar eiendom omsoom bied 'n tuiste vir onder meer blouape, bosbokke, duikers en klein soogdiere soos muskeljaatkatte. Die eiendom is deel van die Kiepersol Hazyview Bewarigsgebied en word beskerm deur 'n elektriese heining. Elke kamers het afstandbeheerde toegang en "panic buttons".

Elke chalet is uniek versier en ingerig met koninggroottee- of enkelbeddens, 'n sitkamerarea, en suite-badkamer, telefoon, koffie en teemaakgeriewe, 'n yskas, haardroër, lugversorging en 'n privaat veranda. Geen televisies in kamers, maar daar is wel 'n gemeenskaplike TV in die hoofgebou se sitkamer. 2 Chalets is rolstoelvriendelik met opritte en toeganklike storte. 2 Chalets kan 2 volwassenes en 2 kinders huisves en beskik oor verandas met uitsigte oor die vallei. Klein toergroepe is welkom en daar is akkommodasie vir die busbestuurder en toerleier. Ons tuin is die perfekte plek vir 'n romantiese troue en die wittebrood-chalet bied is eksklusief en privaat. Troupakette is beskikbaar.

Skemerkelkies word bedien op die Sunset Terrace. Drankies kan voor ete voor die knetterende kaggelvuur geniet word as dit koel is buite. 'n Vasgestelde driegang-spyskaart is beskikbaa en word bedien in die eetkamer op versoek. Daar sal ook voorsiening gemaak word vir spesiale dieetvoorkeure indien ons vroegtydig daarvan in kennis gestel is. Plaaslike produkte soos forel, sampioene en wildsvleis word bedien en aangevul deur die vars groente, vrugte, neute en kruie uit ons tuin. Suid-Afrikaanse wyne word geskink en ons gee voorkeur aan drank wat plaaslike geproduseer is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 1 resensie vir Bohm's Zeederberg Country House
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • R536, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Bohm's Zeederberg Country House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 960
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 960
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R536, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 10
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZkODQwOTE0LWFkMTYtNDQyYi1iYjE5LWVmYTU2MTkyNjUyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 960  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 4 R536 Sabie 1260 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.040557908206 30.966017246246
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za