Balcony Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Balcony Manor is in Witrivier op die Panorama-roete geleë. Die ligging is perfek vir gaste wat die Krugerwildtuin en ander besienswaardighede in die omgewing tot by Bourke's Luck Potholes wil besoek. Balcony Manor is ideaal vir sakereisigers, gesinne wat wil wegbreek, en paartjies wat graag 'n romantiese naweek wil hê.

Verblyf is beskikbaar in 6 suites wat ideaal is vir gesinne, paartjies en enkelreisigers. Vier van die suites bied direkte toegang tot die tuin. Een van die onderste suites het 'n pragtige Victoriaanse bad waarin jy kan ontspan, en die boonste eenheid het sy eie balkon. Al die suites het sekere DStv-kanale, lugversorging en 'n super-koninggrootte-bed (of driekwartbeddens op versoek). Little Room en Royal-suite is gewoonlik geskik vir ’n enkelreisiger, maar kan maklik in ’n dubbelkamer omskep word.

Country Rose en Victoria's Parlour het en suite-badkamers en is ideaal vir gaste wat nie maklik kan rondbeweeg nie. Beide kamers het 'n afslaansitplek teen die muur, 'n handstort en relings teen die muur en vloere wat gly-bestand is. Dié spesiale suites is ontwerp met veiligheid en gemak in gedagte.

Die pragtige tuine bied 'n rustige plekkie of 'n romantiese agtergrond vir 'n klein troue, huweliksherdenking of die vernuwing van huweliksbeloftes. Na 'n warm dag in die bos of 'n besige daguitstappie kan jy in die sprankelende swembad kom afkoel. Braaigeriewe en 'n kroegie (sonder voorraad) is ook beskikbaar. Aangesien ons nie gelisensieerd is nie, kan gaste hul eie drank saambring.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste kan rustig slaap met die wete dat sekuriteitswagte 24 uur aan diens is. Daar is ook 'n paniekknoppie vir ekstra gemoedsrus.

Daar is ook 'n solder vir rugsakreisigers, asook 'n slaapsaal, wat op 'n selfsorgbasis verhuur word. Ons is hou daarvan om gedurig nuwe idees bekend te stel by Balcony Manor en het daarom besluit om geriewe aan rugsakreisigers te bied. Ons doel is om alles aan rugsakreisigers te bied wat hul verblyf gerieflik en ontspanned sal maak. Dit is ook geskik vir ’n gesins- of sakpasvakansie!

Backpaker's Loft is op die eerste verdieping en het 3 slaapkamers. Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste asook die opsie om ’n ekstra matras vir ’n kind te be te voeg.

Backpacker's Den is op die grondverdieping. Hierdie slaapsaal bied 3 enkelslaapareas en kaste wat die slaapareas skei. Die "Den" het 'n klein eet- en sitarea waar gaste TV kan kyk.

’n Kampeerkot, ’n stoel vir babas asook toiletware vir babas is op versoek beskikbaar.

Ons glo dat ons pryse sakpas is vir die rugsakreisigers wat die asemrowende Laeveld wil verken. Sekere van die eenhede is veral geskik vir boukontrakteurs.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Balcony Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za