Basil's Boma

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Basil's Boma is ideaal vir gaste op soek na stilte weg van die stad af. Dit spog met gerieflike, eko-vriendelike selfsorgverblyf in 'n stil omgewing, warm gasvryheid en uitsigte op die berge en oor die bos. Dit is op die Witwatersrand Bergreeks wat uitkyk oor die Skeerpoort Vallei, naby Hartbeespoortdam.

Die verblyf bestaan uit 2 eenhede. Potter's Shed het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook'n oopplan-kombuis, -leef en -eetarea. 'n Vuurmaakplek, braai-area, en 'n plonspoel is ook beskikbaar. 'n Buite-stort dra by tot die bos en die berg-uitsigte.

Die Luxury Bush Chalet het 'n groot slaapkamer met 'n koninggrootte-hemelbed, opvou-deure wat lei na 'n groot dek met 180°-grade uitsigte. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. 'n Privaat plonspoel is ook beskikbaar. Die groot houtdek spog met 'n etenstafel en stoele, 2 gemakstoele, 'n ekstra tafel met stoele, 'n boskombuis, rietdakkroeg en privaat boma-area.

Elke eenheid het 'n privaat braai-area en parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Masseer-terapie vir paartjies by die eenhede kan gereël word teen 'n ekstra fooi.

Daar is verskeie gholfbane, soos Brits, Magaliespark, Pecanwood en Sandy Lane, binne 'n 10 tot 20 minute radius. Ander doendinge in die omgewing sluit Chameleon Village, Dam Wall, Bill Harrops Hot Air Ballooning en Arrow Rest in. Laasgenoemde bied vierwielmotorfiets en boogskiet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Basil's Boma gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za