LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bitou Rivier Lodge | LekkeSlaap
+5

Bitou Rivier Lodge

B&B
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vanaf die R340, Wittedrifpad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
  • Vanaf R2 800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Bitou River Lodge is in die pragtige dorpie, Plettenbergbaai geleë. Die dorpie is bekend vir die avontuur en verskeidenheid aktiwiteite wat hier te vinde is: valskermspring, walviskyk, branderplankry, kajak, diepsee-visvang, reksprong en nog vele meer. Dit is die perfekte ligging vir reisigers wat op soek is na 'n wegbreekplekkie ver van die stad se gedruis.

Al die kamers, insluitend die gaste-sitkamer en ontbytkamer, het uitsigte oor die tuin in die rigting van die rivier, met stoepe en gemakstoele om die rivier en voëls te geniet. Elke kamer het sy eie ingang en sy eie badkamer met bad en alleenstaande stort, asook ondervloerse verhitting en 'n plafonwaaier, 'n TV met M-Net en 'n kombuisie met 'n yskassie, eetgerei, breekware, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe maar geen mikrogolfoond nie. Elke kamer het braaigeriewe wat verskuif kan word tot in die tuin of langs die rivier en ons kan al die voorrade vir 'n braai verskaf, as jy nie lus het vir inkopies doen nie.

Die gaste-sitkamer en ontbytkamer het kaggels en ondervloerse verhitting vir die vroeë oggende en winteraande. In die somer bly die skuifdeure oop en die reuk van kanferfoelie meng met die aroma van ontbytkoffie.

Kano's is vryelik beskikbaar vir gaste - dis 'n ander manier om voëls te kyk. Daar is ook waterskilpaaie en otters in die rivier - soos gesien deur 'n handjievol gelukkiges.

Daar is 'n eko-wandelpad rondom die plaas, met inheemse bome wat gemerk is vir diegene wat gretig is om hulle te identifiseer en 'n verskeidenheid voëls om te sien, van die elegante bloukraanvoël tot die heel klein wewervoël; van die Knysnaloerie tot die Afrika hoep-hoep.

Elke kamer het 'n slaapbank vir 1 ekstra gas.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Bitou Rivier Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Vanaf die R340, Wittedrifpad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bitou Rivier Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vanaf die R340, Wittedrifpad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDViOGQzMDg5LTQyZTYtNDMwOC04N2UyLTA1MWVlZDAwMGY3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 off R340 Wittedrif Road 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 11:00 -34.003728647274 23.348232507706
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!