Bloemhoek B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bloemhoek B&B bied gerieflike akkommodasie en hartlike gasvryheid aan 'n ieder en elk wat ons besoek, hetsy sakereisigers en vakansiegangers. Ons B&B is geleë in 'n stil area met maklike toegang tot die N1-snelweg en die Gautrain-stasie.

Ons het 6 individueel versierde kamers elk met 'n dubbelbed, of enkelbed asook en suite-badkamer. Elke kamer het sy eie ingang en dus kan gaste heerlike privaatheid geniet. Die volgende is in al die kamers: waaiers, verwarmers, tee- en koffiegeriewe, ingeboude kluise, yskassie, TV met DStv-hotelpakket asook gratis WiFi en internettoegang.

Gaste kan heerlik ontspan onder die gazebo wat uitkyk oor die tuin. Ons bedien soggens 'n heerlike ontbyt, en sal selfs die bedieningstyd aanpas sodat dit gaste pas. Aandete is beskikbaar op versoek.

Bloemhok B&B is al sedert 1995 aan die gang en is trots daarop dat hulle in gaste se behoeftes voorsien en gehalte-geriewe bied.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bloemhoek B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za