Blouberg Beachfront Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blouberg Beachfront Apartment is 'n luukse selfsorgwoonstel wat in die veilige Witsand-woonstelkompleks in Blouberg geleë is. Die woonstel is modern en is op die agste verdieping met pragtige ononderbroke uitsigte oor Kaapstad, Tafelberg en die wêreldbekende Robbeneiland.

Dié kompleks is sentraal teen Blouberg se kus geleë en is stapafstand vanaf restaurante, plaaslike kroeë, nagklubs, winkels en 'n apteek. Geniet die lang goue wit sandstrande in die dag en die mees skilderagtige Kaapse sonsondergange later. Die woonstel is ideaal vir 'n vakansie in Kaapstad.

Blouberg Beachfront Apartment het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en oorgenoeg kasruimte, asook 'n aparte badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens, 'n en suite-badkamer en oorgenoeg kasruimte.

Die kombuis is goed toegerus met 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, oond, stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en ander toebehore. Die eetkamer het 'n tafel vir 4 en die sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv. Verder is daar 'n beskutte balkon met stoepmeubels en lieflike uitsigte.

Parkeerplek is beskikbaar in 'n enkelmotorhuis en daar is addisionele veilige parkeerplek op die perseel teen geen ekstra koste nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Blouberg Beachfront Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blouberg Beachfront Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false