Blouberg Heights 202

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Apr 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Blouberg Heights 202 is 'n pragtige selfsorgwoonstel in die veilige woonstelkompleks Blouberg Heights in Bloubergstrand. Dis ideaal vir 'n paartjie wat van die alledaagse gejaag wil wegbreek. Die ongelooflike uitsigte op Tafelberg en oor die Atlantiese Oseaan sal jul verblyf onvergeetlik maak.

Die oopplan-slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n sitarea met 1 groot rusbank en 2 gemakstoele en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die goed toegeruste kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Parkeerplek is agter 'n veiligheidshek beskikbaar. Daar is gemeenskaplike wasgoedgeriewe op die onderste verdieping en 'n braai-area op die perseel.

Die pragtige kusvoorstad Blouberg is een die gewildste en opwindendste vakansiebestemmings in Kaapstad. Dit bied ongelooflike uitsigte op Tafelberg en oor die oseaan, en ontsagwekkende sonsondergange. Blouberg is ook uiters sentraal sodat jy nie ver hoef te ry om Kaapstad te verken nie. Die middestad en bekende wynplase is net 'n entjie se ry ver, wat sal bydra tot ’n fantastiese vakansie.

Slaapplek

'n Bespreking by Blouberg Heights 202 sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blouberg Heights 202 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 015 R913 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Apr 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false