LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Blue Crane Farm | LekkeSlaap
+136

Blue Crane Farm

  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Blue Crane Farm, 17 km buite Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Blue Crane Farm bied verblyf op 'n mooi Dullstroom-plaas en is 'n droom vir natuurliefhebbers, halfpad tussen Belfast en Dullstroom.

Verblyf is beskikbaar in aparte huise wat geskik is vir 2 tot 8 gaste. Die huise beskik elk oor 2 tot 4 slaapkamers met koningingrootte-beddens of 2 enkelbeddens en 2 badkamers met baddens, storte en toilette. Elkeen van die huise het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Die groter Lake View House het ook 'n skottelgoedwasser.

Gaste kan hul maaltye aan die etenstafels geniet, of ontspan in die gerieflike sitkamers wat TV's met sekere DStv-kanale, kaggels en toegang tot 'n onderdakstoep met braaigeriewe het.

Die plaas spog met pragtige staproetes vanwaar gaste die natuur kan bewonder en selfs wild soos sebras en verskillende boksoorte kan sien. Die bokke is mak en kan vroeg in die oggende en middae om die huise wei.

Daar is 2 damme op die plaas waar gaste kan kunsvlieghengel, elk bewoon deur reënboogforelle, en bruinforel kan in die groter dam gevind word. Voëlkyk is ook baie gewild op die plaas met 'n verskeidenheid water- en landvoëlspesies. Daar is 'n paar bloukraanvoëls wat hul nes op een van die eilande in die dam gemaak het, asook ander kraanvoëlsoorte soos die bedreigde kroonkraanvoël.

Blue Crane Farm is sowat 17 km vanaf Dullstroom en 20 km vanaf Belfast met verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede. Die plaas word bereik deur 'n grondpad en die pad is geskik vir voertuie met 'n lae of hoë grondvryhoogte.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 65 resensies vir Blue Crane Farm
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Langs die R540, Blue Crane Farm, 17 km buite Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Blue Crane Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Blue Crane Farm, 17 km buite Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAw407n7cPOFlMOv3IfCePgbBdEdwMwon8zPoTz5R7YsHsHrFI4m?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200  per nag, vir 2 mense 65 5 1 5 Off the R540 Blue Crane Farm 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.55595358589 30.073398053969
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!